Dan sal ’n ernstige verlange na die “regte wêreld” inskop, en nie net omdat onbewoonde eilande arm is aan brosbrood en sjokolade nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Wat ek die meeste sal mis, is ménse. In die eerste plek natuurlik my vriende, familie en kinders, nie noodwendig in daardie volgorde nie (ek noem dit net ingeval een van die kinders dalk per ongeluk hierdie blog onder oë kry.) Ook die vriendelike vreemdelinge met wie ek verrassend positiewe oomblikke by kasregisters, op trappe of langs petrolpompe deel – mense wat moeiteloos ’n warm glimlag aangee.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Wat mense doen, koop, eet en aantrek is interessant, maar lank nie so fassinerend soos wat hulle dínk nie. Hou ouer ek word, hoe lekkerder word dit om te hoor wat in ander se koppe aangaan. Ja, ek hou van lees, maar as jy oorkant iemand sit, kan jy vrae vra. En – as die geluk aan jou kant is – ’n paar vrae gévra word. Dan word dit ’n stimulerende sessie waar gespreksgenote ’n spieël vir mekaar ophou en vars aspekte van die werklikheid, mekaar en hulself ontdek. Veral as hulle bo 50 is. Ek is in totale verwondering oor die insigte en kleurrykheid van hierdie groep.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die piekervaring is natuurlik wanneer kop tot kopgeselsies hart tot hartgesprekke word; meestal heeltemal onvoorsiens. Daardie konneksie is kosbaar. Ek vermoed dit stel hordes goedvoelhormone vry.
Nee wat, hou maar die onbewoonde eiland. Of wag – dalk moet ek my opsies oophou. Drie weke per jaar tussen kokosneutdoppe en die res tussen koppe, met nou en dan ’n hart?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.