kategorieë: HareSkoonheid

Kopkrapvrae

Pantene het die geleentheid aan ’n paar skoonheidskenners gebied om haargesondheidskenner, Dr. John Gray, te ontmoet. Dr. Gray is ’n mediese dokter, skrywer van vele haar- en vel artikels en boeke. Hy is ook die afgelope 25 jaar al die mediese adviseur vir Procter & Gamble (die maatskappy wat onder andere Pantene besit).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Het jy geweet dat die gemiddelde vrou met skouer lengte hare altesaam ongeveer 40km se hare op haar kop het, en dat jy daagliks 50 tot 80 hare van jou kopvel af verloor? Dit is duidelik dat ons nie alles van haargesondheid verstaan nie, hier is ’n paar interessante antwoorde op jul vrae:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Sorg net so mooi vir jou hare soos wat jy vir jou vel sorg.”

Hoeveel keer per week moet mens hare was, en kan mens elke dag jou hare was?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy kan elke dag jou hare was; dit is ’n mite dat jy slegs elke derde dag jou hare moet was om te keer dat dit vinnig weer vuil word. Jou leefstyl en haartipe bepaal hoe gereeld jy jou hare was; as jy byvoorbeeld daagliks die gim besoek, word jou hare soos die res van jou lyf vuil en moet jy jou hare daagliks was. En nee, jou hare sal nie meer olierig word, omdat jy jou hare elke dag was nie. Gebruik sjampoes wat vir olierige hare bedoel is en nie jou hare sal uitdroog nie.

Hoekom val vrouens se hare uit/ en verander vrouens se hare na swangerskap?

Tydens swangerskap is vrouens se estrogeenvlakke hoër, wat die groeifase van die hare verleng. Tydens swangerskap verloor jy dus minder hare (jou hare is in ’n rusfase) daarom is vrouens se hare tydens swangerskap dikker en voller. Na geboorte keer estrogeen vlakke weer terug na normaal, daarom sal jy meer hare begin verloor. Jou hare sal ’n rukkie neem voordat dit terugkeer na normaal toe.

Waarom val my hare uit soos ek ouer word?

Haarverlies soos ons ouer word is normaal (gelukkig verloor meeste vrouens minder hare as mans) As jou hare wel baie erg uitval, kan dit moontlk dui op allopecia, (blesword). Navorsing bewys dat die gebruik van sjampoe en stileerprodukte nie haarverlies kan veroorsaak nie,

Waarom irriteer sekere sjampoe’s my kopvel?

Die sjampoe wat jy gebruik is waarskynlik te sterk vir jou. Maak seker dat jou sjampoe en opknapper van goeie gehalte is en dat dit by jou spesifieke haartipe/kopvel pas.

Enige advies vir hare wat koek?

Kam of borsel jou hare goed voordat jy dit was terwyl jou hare nog droog is. Gebruik meer sjampoe op jou wortels (waar dit meer olierig is) en werk dit deur na jou haarpunte. Wanneer jy sjampoe aanwend maak seker dat jy nie jou hare te veel vryf nie omdat nat hare baie makliker beskadig kan word.

Jou haarpunte is die oudste hare op jou kop en het meer sorg nodig; begin dus altyd om jou opknapper op jou punte aan te wend en dan van onder na bo (jou wortels) aan te wend. Hou ’n kam met wye tande in die stort en kam ook jou hare van onder na bo nadat jy opkapper aangewend het. Dit sal help dat jou hare minder koek.

Gebruik ’n kam in die stort en kam die opknapper deur jou hare, maar begin ook eers van onder na bo. Dit sal ook versker dat jou hare minder sal koek. So was van bo na onder en knap op van onder na bo.

Hoe weet ek watter tipe hare ek het en watter tipe sjampoe en opknapper ek moet gebruik?

Normale hare is as dit nie olierig of droog is nie, nie gekleur is nie en gesond lyk. Fyn of olierige hare is hare wat plat is en min volume het, hare wat nie maklik ’n styl hou nie en vinnig vuil word nadat dit gewas is. Droë hare is hare wat droog lyk en voel, maklik koek, moeilik is om deur te kam en maklik kroes.

Gebruik ’n sjampoe en opknapper volgens jou haartipe asook jou haar-gewoontes, byvoorbeeld reekse wat voorsorg tref vir gekleurde hare en hitte stileering.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

EKSKLUSIEWE FOTO’S: Donnalee Roberts vier veertig keer om die son!

Deur Karlien Meiring. Foto’s: Shavaune Photography   Donnalee Roberts, die geliefde aktrise, skrywer, rolprentmaker en…

1 day Gelede

Plante wat kleur en geur by jou tuin sal voeg

Deur Christa Swanepoel   Dis heerlik om hierdie tyd van die jaar nuwe groei in…

2 days Gelede

Vyf ‘Diepe Waters’-storielyne wat jou in September geboei gaan hou

Hou vas aan jou stoel, want Diepe Waters gaan vir ‘n wipwarit in September sorg.   Hier’s…

2 days Gelede

Hoe om jou wintersklere reg weg te stoor

Daar is nie ’n beter tyd as die begin van die lente om jou kas…

2 days Gelede

5 van ons beste ontbytresepte

Eksperimenteer met verskillende ontbytresepte om jou dag sommer van die begin af op te kikker.…

2 days Gelede

Cappuccino-kolwyntjies

Bestanddele   Ons het die oulike sjokolade-skyfies by Clicks gekoop. 12 sjokoladekolwyntjies 125 ml(½ k)…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.