SPCA / ander liefdadigheidswinkels |
Van my beste fondse kom van die SPCA winkels af. Hierdie winkels is egter nie orals te vind nie. Ek vind dat hulle dikwels weggesteek is in kleiner dorpe. Veral ‘kunsdorpies’ se SPCA winkels (of soortgelyke liefdadigheidswinkels) lewer goeie fondse op. My gunsteling winkel is in Darling, in die Wes-Kaap. |
Museums |
Sommige museums het ‘n klein winkel waar items wat nie uitgestal word nie, verkoop word. Hierdie winkels lewer meestal breekware op, maar af en toe is jy gelukkig en kom af op ’n victoriaanse naghemp of ’n paar 20’s drop oorbelle wat hulp nodig het. Veral die museums in piepklein dorpies lewer goeie fondse op. Maak egter seker dat hulle jou nie ’n rat voor die oë draai nie- net omdat die museum dit verkoop, beteken dit nie dit is die real thing nie. Met tyd sal jy hiermee ’n aanvoeling ontwikkel. |
Markte |
Markte is ‘n goeie plek om na fondse te soek en jy kan bietjie onderhandel oor wat jy bereid is om te betaal. Onthou items op hierdie markte word op dieselfde wyse as tweehandse motors verkoop- voetstoots. Wees seker dat daardie leer handsak, regtig leer is voordat jy dit koop. Daarna word die skouers net opgetrek. Markte wat al goeie fondse vir my opgelewer het, is Milterton Market, Potchefstroom se Antieke Mark en Irene Mark. |
Vintage winkels |
Daar is deesdae heelwat winkels wat spesialiseer in vintage ware. Hierdie winkels kan goeie fondse oplewer. Ek het byvoorbeeld al ’n 30’s Chanel rok gesien by Second Time Round in die Kaap. Ongelukkig is hierdie winkels heelwat duurder en wissel die kwaliteit van jou aankope van item tot item. Dit is egter die plek om te wees as jy iets vir ‘n spesiale geleentheid soek. |
Jou groottannie se kas |
In my geval het ek ’n tannie met ’n fantastiese klerekas wat my van tyd tot tyd bederf. En ’n ouma met ’n goeie hart. Mense bemaak dikwels oulike goedjies aan jou, indien hulle weet jy koop vintage. |
Lees volgende week meer oor vintage kopies!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Tot volgende keer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Middelslagtert genoeg vir 6-8 mense. Bestanddele Deeg 350 g koekmeel 60 ml (¼…
Deur Thinus Ferreira. Foto's: Verskaf. Dié aantreklike plaasseun en safarigids van Simmenau, sowat…
Hierdie beduidende kontantvoordeel word volgens die AVBOB-raad se goeddunke uitgereik en is die sesde spesiale…
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Hierdie webwerf gebruik koekies.