Meel en alles wat daarvan gemaak is, soos brood, beskuit, koek, koekies, pastei, pizza en pasta, witsous, oliebolle, gebakte poedings, semolina, bulgur en koeskoes.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Maar jy kan rog, rys, mielies, stampmielies, aartappels, ertjies, patats, soja, neute, grondbone, grondboonbotter, pretzels, aartappelskyfies, hawermout en pappe eet. Gebak met rys-, aartappel-, rog-, mielie-, soja- en ertjiemeel is ook reg. En hoewel jy die kors sal weglaat, kan jy steeds die vulsels van suurlemoenmeringue, kaaskoek en appeltert eet.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Wie sny dit uit?
Die alternatiewe terapeute beveel al jare lank aan dat mense koring uitsny omdat dit gluten bevat, wat hulle aan van sinus tot artritis koppel. Konvensionele dieetkundiges glo net mense met ’n koringallergie, soos bepaal by ’n patologielaboratorium, behoort koring uit te sny.
Dit is byna onmoontlik om koolhidrate heeltemal uit te sny omdat alles behalwe vis, vleis, eiers, olies, margarien en botter koolhidrate bevat.
Wat die meeste mense doen, is om hul koolhidrate drasties te verminder deur die hoëkoolhidraatkosse weg te laat en meer op laekoolhidraatkosse te fokus.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Hulle laat alles met koring weg plus veral die volgende: suiker, lekkers, sjokolade, heuning, roomys, vrugte, koeldranke, bier en alle soorte wyn. Kitskos, wors en polonie is propvol koolhidrate en word ook weggelaat. Dieselfde geld bone, neute, sade, wortels, beet en al die soorte pampoene.
Melk, kaas en jogurt bevat min koolhidrate, so ook komkommers, sampioene, die meeste koolsoorte en blaargroentes soos slaai en spinasie. Hulle bly dus in.
Die alkoholiese suikerplaasvervangers soos sukralose tel ook as koolhidrate maar hulle word nie goed geabsorbeer nie en kan goed as deel van ’n laekoolhidraatdieet werk.
Wie sny dit uit?
Mense op laekoolhidraatdiëte soos Atkins sny koolhidrate tot op die minimum.
Dieetkundiges onderskei tussen verfynde stysels met ’n hoë GI en growwe stysels met ’n lae GI. Hulle beveel aan dat almal hoofsaaklik lae-GI-stysels eet, saam met minder proteïene en baie min vet. Dit werk veral as jy gewig wil verloor, hartkwale het of diabeties is.
Ons dink aan koolhidrate as “melerige stysels” en aan suiker as “soet”.
In werklikheid is hulle almal uit glukosemolekules opgebou en dus ekwivalent. Waar suiker uit net twee glukosemolekules bestaan, is koolhidrate komplekse ritse glukosemolekules. Jou liggaam breek suiker en koolhidrate af na glukose, jou een basiese brandstof. Die ander twee is vette en proteïene.
Die werklike verskil lê in jou reaksie op die twee: jy breek die komplekser koolhidrate baie stadiger as suikers af. Dit neem jou dus langer om energie daaruit te haal. Of anders gestel: komplekse koolhidrate verskaf ’n paar uur aaneen energie, terwyl suiker binne twintig minute energie gee maar gou opbrand.
Hulle bevat dan ewe veel kilojoules?
Dit het juis met hierdie afbreekspoed te doen: die verfynde koolhidrate in die witbrood word binne ’n halfuur afgebreek na glukose en in jou bloed vrygestel vir jou selle as brandstof. Alles wat nie onmiddellik gebruik word nie, word omgebou in vet en in jou vetstoor (daardie rolletjies en kuiltjies) gebêre tot jy dit nodig het.
Ná sowat ’n halfuur is die witbrood weggewerk. Nou spring jou liggaam se baie slim terugvoerstelsel aan die werk en kondig aan dat daar nie meer glukose in jou bloed is nie. Jou eetlus word gestimuleer, met die gevolg dat jy binne 60-90 minute honger is. En sommer desperaat honger. Jy eet dus gou weer – en so eet jy al meer.
Gestel jy het volgraanbrood geëet: Omdat volgraan ’n komplekse koolhidraat is, haal jou liggaam die glukosemolekules as ’t ware een vir een daar uit – ’n proses wat twee tot drie uur neem. Jy word dus oor ’n lang tyd van glukose in jou bloed voorsien.
Daardie terugvoerstelsel bly jou vertel dat jy genoeg bloedglukose vir brandstof het en jou eetlus word nié aangeskakel nie. Jy eet minder omdat jy nie honger is nie – en daarom bly die vetjies makliker weg.
Dis beter vir almal, tensy jy midde-in ’n marathon is.
As jy koolhidrate vir vleis verruil, gaan jou cholesterolvlakke mos styg? Moontlik. Maar nie noodwendig nie … wat die navorsers behoorlik laat kopkrap. Dit is in die reël waar dat die vet van vleis aan hoër cholesterol gekoppel word. Dit is die hoofrede waarom die meeste dieetkundiges teen die koolhidraatvrye diëte waarsku. Maar daar is ’n ander kant aan dié storie:
Die jongste stukkie wat nog nie mooi in die legkaart inpas nie, is die feit dat die slegte LDL-cholesterol in verskillende groottes kom. Klein LDL-partikels word aan groter hartrisiko gekoppel. Hoewel dit waar is dat LDL-vlakke van mense op laekoolhidraat-diëte kan opgaan, óf sak, óf dieselfde bly, wys al die ondersoeke dat dit klein LDL verminder en groter LDL vermeerder. Dus: hoe minder koolhidrate, hoe beter vir jou sóórt LDL, ten spyte van wat die syfertjie sê.
Dan is daar die uitwerking op jou trigliseriedvlak. Dit is een van die belangrike bloedvette wat as deel van jou cholesterolprofiel gemeet word. Hoe laer jou trigliseriedvlak, hoe kleiner jou kans op beroerte en hartsiektes.
Van die koolhidrate wat jy eet. Jou oortollige koolhidrate en suikers word as trigliseried (’n soort vet) gestoor. As jy min koolhidrate eet, is daar min oor om as trigliseried te stoor. So sak jou trigliseriedvlak. Jou dokter sal dus sê jou cholesterolprofiel lyk beter. ’n Bevestigde voordeel van minimum koolhidraatdiëte is dat dit jou HDL opstoot. Ondersoeke wys jou goeie HDL-cholesterolvlak styg as jy koolhidrate sny.
Dit hang af: fyn, wit koolhidrate en suikers is ’n slegter keuse as byna enigiets anders op die spyskaart. As jy diabeties is, of hoë cholesterol het, kan dit die moeite werd wees om te kyk wat die uitwerking op jou cholesterolprofiel en bloedsuikervlakke is.
Maar as jy besluit om koolhidrate te sny, doen dit onder die toesig van ’n dokter, wat sal sorg dat dit behoorlik gemonitor word.
Sy is nie net die eerste dowe vrou om as Mej. Suid-Afrika gekroon te word…
Het jy geweet dat meer vroue jaarliks aan hartvatsiektes en beroertes sterf as mans? Gelukkig kan…
Resep: 'Dairy Gives You Go' Bestanddele 1 ½ koppie gladde medium-vet maaskaas – kamer…
Daar is baie maniere en wenke om vetplante te laat gedy. Hier is nege wenke…
As Karlien van Jaarsveld die horlosie kon terugdraai, sou sy dieselfde keuses gemaak het, want…
Resep: 'Dairy Gives You Go' Bestanddele 2 koppies koekmeel ¾ koppie Amasi ¼…
Hierdie webwerf gebruik koekies.