Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Basiese tamatiesous
• 15 ml (1 e) olyfolie
• 1 ui, fyn gekap
• 10 ml (2 t) gekapte knoffel
• 2 x 410 g-blikke heel, geskilde tamatie
• 5 ml (1 t) suiker, indien nodig
• sout en gemaalde swartpeper
Frikkadelle
• 1 ui, fyn gekap
• 500 g beesmaalvleis
• 500 g varkmaalvleis
• 15 ml (1 e) korrelmosterd
• 10 ml (2 t) gekapte knoffel
• gerasperde skil van 1 suurlemoen
• sout en gemaalde swartpeper na smaak 1 middelslag-koolkop
• 125 ml gerasperde parmesaan
Instructions
Tamatiesous 1 Braai die ui en knoffel in die verhitte olie tot sag. 2 Voeg die tamatie by en prut vir 15 min. 3 Geur met die suiker indien nodig, voeg sout en peper na smaak by en prut vir nog 15 min.
Frikkadelle 1 Meng al die maalvleis, asook die ui, mosterd, knoffel en suurlemoenskil saam en geur met sout en peper. 2 Vorm die maalvleis in palmgrootte frikkadelle en verkoel vir 20 min. 3 Blansjeer die koolblare een vir een in gesoute, kokende water en doop dadelik in koue water. 4 Voorverhit die oond tot 180 °C. Gooi die tamatiesous in ’n oondbak. 5 Vou elke frikkadel in ’n koolblaar toe en pak met toegevoude kante na onder in die tamatiesous. 6 Bak vir 45 min. Strooi die parmesaankaas oor en sit warm voor.