kategorieë: Nuut & NouKos

Kook met kruie

Hier is ’n gids van kruie sodat jy hulle maklik kan uitken en in geregte kan gebruik

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kruie tableKruie table

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lourierblare

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vars lourierblare is glad en blink en bevat meer geurige olies as gedroogde blare sodat hulle ’n sterker geur en smaak  het. Geur bredies, souse, aftreksel of sop met lourierblare, maar haal hulle ná die kookproses uit. Maak ’n geurige witsous deur die melk vooraf met ’n lourier-blaar daarin te verhit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Koljander

Koljander het ’n skerp geur en is op sy beste vars of liggies gekook. Breek die blare af en sit hulle heel in die kos, maar voeg dit laaste by. Koljander is ’n goeie pasmaat vir rissies, lemmetjies, salsas, kerrie en ander Thai-geure.

Dille en vinkel

Dié kruie het albei veeragtige blaartjies wat soms met mekaar verwar kan word. Vinkel het ’n sterk soethoutgeur (liquorice), wat by seekos pas, en dille het ’n sagter smaak. Dille is moeilik bekombaar, want dis net vir ’n kort rukkie in seisoen. Gebruik dit in jogurtsouse en slaaie.

Salie

Se dik, vaalgroen blare het ’n pikante, aardse smaak. Gebruik dit saam met vark, hoender en bredies, of geur warm olie en botter daarmee vir ’n subtieler geur. Salie, botterskorsie en bruin botter is een van die lekkerste smaakkombinasies wat daar is.

Tiemie

Het ’n sterk, aardse houtgeur, en suurlemoentiemie het ’n baie ligter sitrusgeur. Gebruik heel of verwyder die blaartjies. Tiemie behou sy geur wanneer dit ge­kook word en is lekker in bre­dies en geroosterde groentes, en is ook ’n goeie pasmaat vir beesvleis en sampioene.

Marjolein

Het ’n sterk rokerige, aroma-tiese geur en is algemeen beskikbaar in ’n gedroogde vorm. Vars marjolein het natuurlik ’n sterker geur. Die krui is heerlik saam met lamsvleis, vis, tamaties en in slaaie.

Pietersielie

Daar is twee bekende soorte: die gewone kroeserige pietersielie en die Italiaanse platblaar-weergawe. Kou ’n handjie vol vars pietersielie om jou asem te verfris. Gebruik vars pietersielie spaarsamig om skulpvis soos mossels en garnale te geur. Gekapte pietersielie span die kroon op tama-tiebredies en is soveel meer as net garnering.

Roosmaryn

Se aromatiese, naaldvormige blaartjies is onontbeerlik in die kombuis. Gebruik heel takkies om geroosterde groente of lamsvleis te geur, of kap die blaartjies fyn en geur souse en bredies daarmee. Heuning en roosmaryn maak heerlike marinades of bedruipsouse. Maak ’n kwas van ’n paar roosmaryntakkies en smeer olie of marinade oor vleis op die kole.

Dragon

Is ’n klassieke krui wat veral in die Franse kookkuns gebruik word en het ’n gesofistikeerde anyssmaak. Gebruik spaarsamig saam met tamaties, sampioene, aspersies, vis en omelette. Dragon is ook heerlik saam met pluimvee en veral lekker as dit met mayonnaise gemeng word. Dit word tradisioneel in ’n béarnaise-sous gebruik.

Basiliekruid

Soet basiliekruid (die eenjarige soort) of Genuese basiliekruid met hul weelderige blare en pikante anyserige smaak en aroma is die gewildste. Skeur, sny of kap die blare en gebruik hulle vars in kos, maar voeg dit laaste by. Dis veral lekker saam met Mediterreense geregte, tamaties en soetrissies, asook saam met kase soos mozzarella en ricotta.

Kruisement

Kruisement is ’n veelsydige krui met ’n aangename en verfrissende geur. Trek die blaartjies van die stingeltjies af, maar gebruik hulle spaarsamig, want hul geur kan oorheersend wees. Gebruik die vars blare saam met vrugte, poedings en drankies. Kruisement is ook lekker saam met ertjies en lamsvleis.

Grasuie

Dié elegante grassies het nie so ’n sterk uiesmaak soos die ander lede van die uiefamilie nie. Knip die grassies met ’n skêr – dis makliker as om met ’n mes te sny. Gebruik dit in ge-regte waar jy nie ’n sterk ui- of knoffelsmaak wil hê nie, soos in roereiers en visgeregte. Dit gee ook ekstra oemf aan suurroom, jogurt en kaas.

Lees ook: 10 maklike kruie vir die kombuis wat jy moet kweek

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

2 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

3 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

22 hours Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

22 hours Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

1 day Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

1 day Gelede