kategorieë: Bekendes

Kook en Geniet-televisiereeks

kykNET verwelkom vir Lise Swart terug as aanbieder van hierdie watertandreeks wat voorgesit word deur die gesoute vervaardiger Riaan Badenhorst (van Boerekos-faam) en Blixem Produksies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lise hou van onopgesmukte, eerlike kos en is van nature nuuskierig. Sy is dus die ideale aanbieder om kykers op hierdie nuwe Kook en Genietavontuur te vergesel. Sy gaan weekliks by verskillende mense aanklop om resepte en wenke uit dié boek, wat sedert 1951 elke kook-entoesias, sjef en amateurkok met meer as 700 beproefde resepte inspireer. Kykers sal ook vir Eunice en Heleen, die dogters van die bekende Kook en Geniet-outeur S.J.A. de Villiers, ontmoet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is vir kykNET ’n voorreg om dié ikoniese resepteboek se geskiedenis weer nuwe lewe te gee in ’n reeks waar almal die storie van Mev. S.J.A. de Villiers kan aanhoor. Lise sien uit daarna om haar kookvernuf op te skerp, aangesien sy nou self ’n Kook en Geniet besit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek is nie ’n voorslag in die kombuis nie. Inteendeel was dit nog altyd vir my ’n duistere wêreld, maar selfs EK besit ’n Kook en Geniet wat my ma vir my present gegee het. So in my beperkte kos-kosmos is ek deeglik bewus van hoe bekend en verreikend Kook en Geniet is. Om dan nog die persoon te wees wat die storie agter hierdie boek te moet vertel, is niks minder as ’n eer nie. Wat kykers wel na kan uitsien, is hoe ongelooflik mev. S.J.A. de Villiers se storie is!”

Kook en Geniet: Woensdae-aande om 20:00 op kykNET DStv kanaal 144 vanaf 5 Julie 2017.

Klik hier vir ’n voorsmakie van aanbieder Lise Swart agter die skerms tydens verfilming

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.