60 ml (¼ k, omtrent 2 lemmetjies) vars uitgedrukte lemmetjiesap
60 ml (¼ k, omtrent 1 lemoen) vars uitgedrukte lemoensap
60 ml (¼ k, omtrent ’n ½ pomelo) vars uitgedrukte pomelosap
1 jalapeño-rissie, in dun skyfies gesny
sout
#rrWenk: Die sitrussap "kook" letterlik die vis en is ’n baie gesonde manier om vis gaar te maak. Baie beter as diepbraai!
Salsa
1 kleinerige mango, geskil en in blokkies gesny
1 avokado, geskil en in blokkies gesny
gerasperde skil en uitgedrukte sap van 1 lemmetjie
½ rooi-ui, geskil en fyngekap
1 jalapeño-rissie, in dun skyfies gesny
1 klein handjie vol koljanderblare, gewas en gekap
150 g nachos vir opdiening
#rrWenk: Nachos is glutenvry. Gebruik nachos wat van organiese, steengemaalde mielies gemaak is, soos Santa Anna se nachos.
Instructions
Sny die vis in eweredige blokkies en sit in ’n middelslag-glasbak.
Gooi die sitrusskil en -sap en die jalapeño oor die vis. Maak seker die sap bedek die vis, en roer deur. Maak met kleefplastiek toe en sit vir tot 3 uur in die yskas. Die vis is “gaar” as dit ondeursigtig word. Die sitrussap sal aanhou om die vis te “kook”, so moenie die vis vir te lank voor etenstyd laat week nie, want dan word dit taai en hard. Geur die vis net voor opdiening met ’n knypie sout.
Maak die salsa net voor julle eet: Meng die mango, avokado, lemmetjieskil en -sap, ui, brandrissie en gekapte koljander.
Sit die ceviche saam met die salsa en nachos voor.