kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Kommunikeer beter met jou kollegas

Volgens Helene Vermaak, direkteur van The Human Edge, is die rede vir ons stilswye die moontlike konflik wat daaruit kan ontstaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ons is bang dat indien ons oor sekere kwessies praat, die uitkomstes daarvan heel waarskynlik negatief gaan wees,” meen Vermaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

So ook kan ons onvermoë om in kritiese gesprekke te tree ook daartoe lei dat ons dié tipe gesprekke vermy. Ons gedrag tydens dié gesprekke, soos bitsige kommentaar of sarkasme, kan ook die rede wees waarom ons verkies om eerder stil te bly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tog is daar verskeie tegnieke wat tydens gesprekvoering geïmplementeer kan word om die gewenste, positiewe uitkomstes te kry. Ons deel ons gunstelinge.

Lees ook: Hoe om van ’n senior kollega te verskil

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dink andersom

In pleks daarvan om aan die moontlike gevolge van die gesprek te dink, dink eerder aan die nadele wat sal ontstaan indien jy nié praat nie. Weet dat as jy nie jou mening lig nie, jy met die uitkoms van die situasie sal moet leef hoewel jy die geleentheid gehad het om dit te verander.

Sit jouself in ander se skoene

Voordat jy in ’n ernstige gesprek tree, dink eers na oor die gevolge wat dit vir die betrokke persoon mag inhou. Op dié manier sal jy albei kante van die saak op gelyke vlak kan aanspreek en daarvolgens ingeligte besluite kan neem.

Lees ook: Werk jy lekker?

Skep ’n veilige omgewing

Die probleem met kritiese gesprekke is die sterk emosies wat daardeur na vore kom. Tog kan dié emosies beperk word deur die situasie te monitor en sodoende diegene wat betrokke is veilig te laat voel. Maak dit duidelik dat jy elkeen se mening net soveel soos jou eie respekteer. Die doel hier is om te verseker dat ’n basis van gemeenskaplike respek gevestig word.

Bevorder dialoog

Nadat jy ’n veilige omgewing geskep het, is dit wesenlik om die betrokke persoon te nooi om sy/haar kant van die saak te stel. As jy bereid is om na ander te luister sal hulle ook bereid wees om na jou te luister. Op dié manier word ’n gemedieerde gesprekvoering bewerkstellig waartydens al die betrokke persone op gelyke voet staan.

Lees ook: Maak vriende met stres

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Hoe om ’n trae kind te motiveer

Menige ouer gooi hande in die lug oor ’n kind wat nie wil leer nie,…

3 days Gelede

8 maklike breinoefeninge wat vir almal werk

Breinoefeninge is net so deel van goeie gesondheid as om jou lyf te oefen. Gelukkig…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

3 days Gelede

Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo

Karlien van Jaarsveld het pas haar nuwe enkelsnit, Katrientjie Katryn, uitgereik, waarin sy ’n diepgaande…

3 days Gelede

Winter is die beste tyd om te snoei!

Winter is die beste tyd om struike te snoei aangesien dit die russeisoen is, en…

4 days Gelede

Diepe Waters-akteurs bederf kinders op Mandela-dag

Op 18 Julie word daar regoor Suid-Afrika Mandela dag gevier, met Suid-Afrikaners wat 67-minute van…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.