kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Kommunikasie: praat met my

Goeie kommunikasie in ’n verhouding laat die liefde blom. Maar soms eindig verskille in ’n koue oorlog, of in ’n Griekse partytjie waar die borde aan skerwe spat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“The 5 Love Languages” is ’n oulike app (laai dit GRATIS af by iTunes of Google Play), waar jy deur vrae agterkom wat jóú en jou liefie se hartstaal is. Dan help dit julle om mekaar op die regte manier te bederf. Dié wat dit probeer het, het vertel dis prettig en dit werk! Lees ook ons volle storie oor beter kommunikasie tussen mans en vroue in die nuwe rooi rose op bladsy 84 (“Praat met my”). Hier is ’n kort uittreksel:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kry dit reg

• Wees bedag op mekaar se behoeftes ná werk en gun mekaar tyd om ná die dag te herstel. As jy die ekstrovert is, wil jy dalk ’n klas by die gim bywoon waar jy gesels en energieke musiek hoor, terwyl hy (die introvert) liewer alleen wil gaan hardloop, of die koerant rustig wil sit en lees. Daarna is julle gereed om saam gehaltetyd deur te bring.

• Vroue kan oorsensitief wees en ’n man se stilswye persoonlik maak. Pleks van persoonlike boodskappe in sy stilswye te lees, verstaan dat hy bloot nie lus is om te gesels nie. Dis nie oor jou nie, dis net hoe hy voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Verduidelik hoekom jy iets met hom bespreek. “Ek het ’n oplossing vir my probleem by die werk nodig,” of “Ek is so ontsteld oor wat vandag gebeur het, ek het ’n klankbord nodig.” Gee vir hom duidelike riglyne oor wat jy van sy reaksie verwag. In die eerste geval soek jy ’n oplossing vir ’n probleem, in die tweede geval soek jy ondersteuning en probeer jy sin maak van ’n situasie deur daaroor te gesels.

• Kyk of jy ’n patroon kan identifiseer as julle gedurig misverstande het. Probeer kyk wat aanleiding gee tot die konflik en probeer dit vermy.

• Ja, mans hoor dit die eerste keer. Om elke keer daaroor te kla gaan niks verander nie.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: Kommunikasie

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

9 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

9 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

10 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

11 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

13 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

13 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.