1 Skil die komkommers met ’n aartappelskiller. Maak die spaghetti deur met ’n sitrusskiller lang hale al langs die komkommer te trek. As jy nie ’n sitrusskiller het nie, maak komkommerlinte met ’n aartappelskiller en sny die linte met ’n skerp mes in baie dun repies.Komkommer-spaghetti met ’n soetsuur slaaisous
Ingredients
Instructions
2 Sit die komkommer-spaghetti in ’n vergiettes en strooi ’n bietjie sout oor sodat die water kan dreineer.
3 Slaaisous: Kook die rooiwynasyn, strooisuiker en lemmetjieskil en -sap in ’n kastrolletjie oor matige hitte tot ’n dikkerige stropie vorm.
4 Opdiening: Meng die koljanderblare en brandrissie deur die komkommer. Verdeel in 4 porsies en maak ’n nessie in die middel van elke bord. Meng die bronkors en olyfolie en sit ’n bondeltjie bronkors op elke komkommernessie. Gooi die slaaisous om die nessie en sit dadelik voor.