Roer 15 ml (1 e) gekapte swart olywe, 15 ml (1 e) gesnipperde sondroëtamaties en 10 ml (2 t) gekapte kappertjiesaad deur die mayonnaise. Dis ’n heerlike doopsous vir groente, of die leksel wat koning kraai op ’n hoendermayonnaise-oopbroodjie. Voorverhit die oond tot 200 °C en sit 8 heel knoffelhuisies in ’n pan. Sprinkel 10 ml (2 t) olyfolie oor en geur met sout. Rooster vir 15-20 minute of tot sag. Druk die warm knoffel uit die skilletjies en roer deur die mayonnaise. Skep lepels vol oor geroosterde groente of sit met aartappelskyfies voor. Roer 15 ml (1 e) wasabi-smeer deur die mayonnaise en laat staan vir 30 min. Die effense wasabi-byt in die mayonnaise bring die beste uit gerookte salm. Gebruik as ’n vinnige slaaisous by salm-en-kruie-slaai.Geurige mayonnaise
Instructions
Mediterreense mayonnaise
Geroosterde knoffelmayonnaise
Wasabi-mayonnaise