Tipe mes
Besluit vooraf presies waarvoor jy die mes benodig. Dit moet by jou kookgewoontes en styl pas.
Sterkte
Kyk na die mes se handvatsel vir enige sweismerke. Indien dit sigbaar is, vermy dit. Die ideale mes word van staal gemaak.
Gewig
Vir presisie en spoed, kan jy ’n liggewig mes kies. Die swaarder messe kan gebruik word om soliede voedsel te sny, soos gemmer of neute.
Balans
Die mes moet balans hê. Die handvatsel of die lem moet nie te swaar wees nie.
Materiaal
Let op die materiaal waarvan die handvatsel gemaak is. Dit is dikwels hout of plastiek. Ouer messe het been-handvatsels. Vermy laasgenoemde omdat die been bros raak.
Die lem
’n Keramiek-lem kan baie dun geslyp word. Dit behou ook sy vlymskerp voorkoms vir maande. Hierdie messe is egter baie broos.
Onderhoud
Om ’n mes te koop wat ’n leeftyd sal hou, kies staal. Belê ook in ’n goeie slyper.
Stoorplek
Maak altyd gebruik van ’n mesblok. Dit sal die leeftyd en skerpheid van jou messe verleng.
Lees ook: Versorg hout in jou kombuis