Kom verkyk jou by die Liggiesfees @ Potch! Inligting en foto’s verskaf.
Liggiefees@Potch is Abraham Kriel Kinderhuis Potchefstroom se jaarlikse groot fondsinsamelingsprojek. Die perseel word omskep in ‘n sprokieswêreld wat elke persoon moet sien en ervaar. Van die grootste name in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf tree op, daar is ‘n pragtige kunsmark, Oujaarsdans, ‘n pretpark met ‘n Big Wheel van amper 40 meter hoog wat oor die hele fees kyk, ‘n ongelooflike liggiemuur wat praat en sing met die aanskouers en kos om van te kies en te keur.
Abraham Kriel Kinderhuis Potchefstroom is die tuiste vir 230 kinders. Slegs die beste versorging is goed genoeg vir die kinders wat gepaard gaan met groot uitgawes. Liggiefees@Potch stel ons in staat om vir ons kinders ‘n toekoms te gee deur ekstra fondse bymekaar te maak om te verseker dat elke kind die nodige aandag en hulp kan kry wat hulle verdien. Ons kinders help graag self met Liggiefeesvoorbereiding en werk ook tydens die Liggiefees vir betaling. Ons glo daarin om ons kinders te bemagtig en te leer dat ons werk vir wat ons graag wil hê.
Waar: Abraham Kriel Kinderhuis, Potchefstroom
Wanneer: 29 November – 31 Desember 2019
Tyd: Elke aand vanaf 19:00
Toegang: Kaartjies is aanlyn te koop by Quicket teen R25. Kaartjies kan ook by die hek gekoop word. Besoekers wat van ver af kom kan aanlyn spesifieke sitplekke in die tent bespreek.
Vir nog lekker doendinge hierdie Kerstyd, loer hier.