kategorieë: Leef gesondGesondheid

Kom uit onder die komberse

Gesonde eetgewoontes moet nooit gerieflik vergeet word bloot omdat dit koud of nat is buite nie. Dit is juis hierdie eetgewoontes wat jou sal beskerm teen verkoues en griep, deur jou liggaam met die nodige middels te voed wat jou immuunstelsel sal opbou. Boonop sal jy baie bly wees dat jy hierdie raad gevolg het teen die tyd wat die somer hier is – en al voel dit nie nou vir jou so nie, is dit net om die draai – want deur gesonde eetgewoontes te volg, verseker jy dat jy nie daardie ongewenste kilos optel nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Eet slim

Hou jou immuunstelsel sterk deur slim aanvullings tot jou daaglikse dieet te voeg: kruie soos roosmaryn en salie wat propvol anti-oksidante is, sink-ryke kosse soos skulpvis, kasjoeneute, pekanneute en hawermout, asook selenium wat gevind word in brasiliaanse neute, vis, sonneblomsaad en graan. En smul gerus gereeld aan ’n paar blokkies donker sjokolade – dit sal jou gemoedstoestand meer positief maak, jou kardiovaskulêre gesondheid beskerm, en boonop toon studies nou dat dit dieselfde gesonde eienskappe besit as bloubessies en groentee!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Oefen oefen oefen

Bo en behalwe hierdie goeie raad, is dit steeds belangrik om aktief te bly, al is jy hoe lus om te hiberneer onder die komberse. Studies toon dat onaktiwiteit se uitwerking op jou gesondheid dieselfde kan wees as rook of ’n oormaat alkohol-inname. So, maak seker jy bly aktief! ’n Vinnige stappie om die blok, in ’n parkie naby jou, of selfs by die strand (ongeag die weerstoestand), sal wondere doen vir jou liggaam, siel en gees. Oefening is een van die mees effektiewe wyses om die gemoedstoestand te lig, wat sal veroorsaak dat jy nie net vinnig van die wintergemoed ontslae raak nie, maar ook jou algehele konsentrasie verhoog, en die gevoelens van spanning, angstigheid en selfs depressie, verlaag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As die weer werklik baie sleg is, is dit nie ’n verskoning om oefening vir die dag te laat vaar nie! Probeer huppel of dans binne die huis – draai die volume van jou ipPd of radio op, en kry jy hart aan die klop – en bly warm! Deur ’n gesonde fiksheidstoestand gedurende die hele jaar te handhaaf, verlaag jy jou kanse om tydens die wintermaande siek te word. Hou by ’n gemiddelde-intensiteit oefenprogram van 30 minute, 5 dae ’n week. Dit sal jou verander in ’n fikse, fietse, gesonde en gelukkige persoon!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

5 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

5 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

6 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

8 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

9 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

12 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.