toeter (met ’n kleinletter “t”), in samewerking met kykNET is ’n opwindende nuwe toevoeging tot die Afrikaanse taal.
“toeter beloof om ook ’n betekenisvolle bydrae te lewer tot die dinamika van die taal, wat Afrikaans sal laat blom en groei soos nooit tevore nie. kykNET, die Afrikaanse betaaltelevisiekanaal het hierdie potensiaal uit die staanspoor raakgesien en aanboord gekom as toeter se mediavenoot.
“toeter en kykNET is voëls van eenderse vere,” verduidelik Jeanne de Wet, bemarkingshoof van KykNET. “Ons hoop om in die toekoms ons spesiale verhouding met toeter uit te brei en saam op die sosiale media snelweg te reis.”