Vandag se meng-en-pas eetkamermeubels is vars en innoverend. Dit is interessanter maar ook meer uitdagend om bymekaar te sit. So, voor jy in eetkamerstoele belê, maak seker dat dit vir jou tafel, jou eetkamer en jou gaste gaan werk.
Ontwerp
• Alhoewel dit die tendens is om tradisionele stoele met ’n kontemporêre tafel te meng, of andersom, soek liefs vir stoele wat ’n gemene ontwerp-element het. Neem die pote van jou tafel in ag en maak seker dit reflekteer die keuse van jou stoele.
• As die tafel vierkantig of reghoekig is, kies stoele wat met hul sitplekke hierby aanpas.
• Laat 30 cm toe vanaf die sitplek tot die tafelblad vir gemak.
• ’n Gestoffeerde stoel is dikwels moeiliker om in of uit te skuif, so maak seker dat dit lig genoeg is.