kategorieë: Blogs

Kom ons VUCA!

So loop ek en jy die pad. Vir amper twee jaar al skuif ek elke Vrydagoggend skuins na vyf agter my kompertjie in. Dan het ek ‘n uur – net ‘n uur voor die realiteit my tref: skooltoebroodjies, kosblikke, skooltasse, Ma-ek-het-vergeet-ons-moet-dit-en-dat-skool-toe-neem, het-jy-onthou-om-a-b-c-d-e en soms f ook te doen. Ek parkeer die dag, sy dinge en mense. Doer, in die verste hoekie van my kop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dan praat ek en jy. In stilte. Ongeduldig vies as ons skuinsweg in die rede geval word en ek my draad verloor. Dankbaar as ons weer kan optel, mekaar in die oë kan kyk. Liewe Blog. En ek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek weet nie regtig wie lees wat ek en jy vir mekaar te sê het nie. Maak ook nie regtig saak nie (ok, ek jok dalk bietjie). Dit tel tóg.
Dié week weet ek weer hoekom jy en ek dié pad moet stap. Gehoor van VUCA? Nee, dis nie ‘n nuwe waspoeier nie, nie ‘n IT-foefie nie , jy kan dit nêrens op ‘n rak koop nie en dis beslis ook nie ‘n dans met ‘n ritteltit-ritme nie (al dink ek al hoe meer dit kan Psy se Gangnam-style en die Koreaanse Cutie-song ‘n goeie go gee).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

VUCA, sê die slimmes, is die nuwe normaal. Dis hoe ons wêreld lyk. Die balanseerbalk waarop ek, jy, dié wat lees en nie lees nie elke dag loop. Dis ook waar ons die lewensdans dans. VUCA staan (askies vir die Engels) vir Volatility, Uncertainty, Complexity en Ambiguity. Of, soos ek in Afrikaans probeer sin maak: wisselvalligheid, onsekerheid, kompleksiteit (ja, ja ek hou ook nie van die direkte vertaling nie, ingewikkeld werk net nie met ‘n -heid of ‘n -geit nie) en dubbelsinnigheid.

In kort: dis die wêreld waarin niks, en ek bedoel niks, meer is soos dit was nie. Of soos jy gedink het dit moet wees nie. Of soos jy gehoop het dit sal wees nie. Dit verander. Dis onduidelik. Dis ingewikkeld. Dit beteken klomp verskillende goed. Alles, alles gebeur gelyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Om te oorleef het ek, jy, dié wat lees en nie lees nie ‘n spieël nodig. Vir sommige is dit ‘n man, vrou, kind, of kraai. Ander gym. Party eet. Sommige hol weg. Dié wat kan kry ‘n mentor, ‘n afrigter van een of ander aard, ‘n coach.

Ek? Ek blog. Saam met meer as 200 miljoen mense van regoor die wêreld. Dis nou as jy Wikipedia kan glo – begin Februarie 2014 was daar ongeveer 172 miljoen Tumblr blogs en 75.8 miljoen WordPress blogs die wêreld oor. Vandag trek ons dalk al naby 300 miljoen.

Liewe Blog, dís hoe ek die VUCA oorleef.

Want soms moet ek (jy dalk ook) iets vir iemand sê, beter nog, skryf om sin te maak uit hierdie holderstebolder-wêreld. Dan is ons ok. En nie meer so alleen nie.

Tot volgende week, laat ons VUCA!

Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

11 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

11 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

12 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

12 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

15 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

15 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.