kategorieë: Skoonheid

Kom ons gaan spa!

Daar is twee teorieë oor die herkoms van die woord “spa”. Die eerste een is dat dit afkomstig is van die Latynse frase “salus per aqae” wat beteken “gesondheid deur water”. Die ander teorie is dat die woord geleen is by die Belgiese dorp met die naam, Spa, wat baie bekend is vir sy warmwaterbronne. Maar hoe dit ook al sy, water is belangrik in dié verband. En enige spa wat sy sout werd is, moet ’n soort waterterapie aanbied. Daar is verskeie soorte spa’s. Kies die een wat by jou behoeftes pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Soorte spa’s

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dagspa’s is spesiaal ontwikkel om by vandag se gejaagde lewe te pas. Wanneer jy net ’n uur of twee het om aan jouself te bestee, kan jy hier ’n behandeling kry wat vinnig-vinnig ’n paar batterye kan herlaai.
Destinasie-spa’s is ’n bykomende gerief by vakansie- of ontspanningsplekke wat jy kan benut as jy ’n paar dae by ’n hotel, gholf- of ski-oord, safari-lodge of ander vakansieplekke gaan uitspan.
Mediese of welwees-spa’s bied ’n meer holistiese benadering wat nie net by pamperlang en ontspanning stop nie – daar word ook ge-sondheids- en mediese raad en behandelinge verskaf. Daar sal dikwels ’n dokter, dieetkundige en fiksheidinstrukteur beskikbaar wees om ’n spesiale program vir jou persoonlike behoeftes te ontwikkel.
Groen spa’s Baie spa’s begin die noodsaaklikheid insien om ’n meer ekologies vriendelike benadering te volg wat in harmonie met die natuur is. Hulle gebruik organiese en ekovriendelike produkte, bespaar energie en gebruik herwinbare verpakking en materiale.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Definisies en voordele van behandelinge

Verhitte swembaddens en Jacuzzis Hitte, gekombineer met water wat spuit, masseer die lyf, is baie ontspannend en word dikwels in kombinasie met ander behandelinge gebruik.
Vichy-stort Water word teen verskillende sterktes en temperature op die lyf gespuit en wakker die metabolisme aan.
Dryftenks (flotation tanks) bevat soutwater wat dit makliker maak vir die liggaam om te dryf en is baie ontspannend.
Stoombaddens en rasul- en hammam-behandelings gebruik stoom, modder, hitte en aromaterapie om die sisteem te ontgif en reinig en jou te laat ontspan.
Hidroterapie-baddens spuit water teen ’n sterker graad vir ’n diep massering wat spanning en seer spiere verlig. Sommige baddens gebruik osoon- of ligterapie wat verskillende sintuie aktiveer.
Massering is ’n persoonlike en emosionele ondervinding, daarom is dit uiters belangrik om die regte terapeut te kry. Jou terapeut moet vooraf seker maak of jy enige gesondheidsprobleme het en watter sterkte massering jy verkies. Dit beteken nie noodwendig dat ’n dieper massering beter resultate sal gee nie. Dit hang af van hoe vaardig jou terapeut is en die soort massering wat jy gekies het. Terapeute gebruik soms skulpe, bamboes en kalbasse om die gewone massering te komplementeer.
Warm klippe (hot stones) is spesiale vulkaniese klippe wat verhit en op jou lyf gepak en saam met essensiële olies gebruik word om die lyf vir ekstra ontspanning te masseer.
Aromaterapie is die vermenging van essensiële olies vir ’n spesifieke doel, soos om jou te laat ontspan, ontgif of energie te gee.
-Refleksologie is die massering van die drukpunte onder jou voete om van spanning ontslae te raak. Jou terapeut sal in die loop van die behandeling moontlike gesondheidsprobleme kan identifiseer.
Sweedse massering word gekenmerk deur die lang hale wat daarvoor gebruik word en die besondere stimulerende of ontspannende uitwerking van die tegniek.
Massering van die dieper weefsel word hoofsaaklik vir sportbeserings gebruik.
Masseertegnieke wat voortspruit uit Oosterse filosofieë en godsdienste, soos Balinese, Thaise en Indiese masserings is deesdae ewe veel deel van die aanbod. Baie spa’s gebruik ook tradisionele Oos-terse elemente in hul dekor en keuse van behandelings. Die tradisionele Hindoe-medisynestelsel, ayurveda, wat gebruik word om liggaamstelsels te balanseer, is een hiervan. Warm essensiële olies word saam met ’n vloeiende masseertegniek gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: spabeauty

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

4 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

4 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

5 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

5 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

8 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.