kategorieë: Reis

Kom ons gaan see toe

Addo Olifant Nasionale Park

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie park se kusgebied strek tussen die Sondagsriviermond en die Boesmansriviermond. Dit is baie stil met min vakansiegangers en is die plek waarheen jy kan gaan vir ‘n spesiale ruskans. Dit inkorporeer die Alexandria Duineveld, die grootste duineveld en vervalle kusduinveld in die suidelike hemisfeer. Die beste manier om die gebied te verken, is deur die Alexandria staproete te stap. Dit is uniek omdat dit verskillende omgewings omvat – dit wissel van woude, die kus, duine en die see. Jy kan reguit na die see mik en ‘n mariene eko-toer bespreek. Dalk sien jy ’n groot wit haai of ’n Southern Right walvis.(navrae by www.raggycharters.co.za).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Agulhas Nasionale Park

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die park beskerm 56 kilometer kuslyn. Dit het spierwit strande en imposante rotsformasies waarvan jy die walvisse kan dophou of die sonsondergang kan bewonder. Daar is verskeie gewilde visvangplekke. Jy moet stop by die punt waar die Atlantiese en Indiese oseane bymekaarkom en die Kodak-oomblik voor die lighuis geniet. Andersinds kan jy in die fassinerende getypoele rondloop en die oorvloed van klein spesies rondom hulle waarneem.

Tuinroete Nasionale Park

Die Tuinroete se twee gewilde strande is op so ‘n hoë standaard dat hulle ‘n nasionale stempel van goedkeuring gekry het. Die gesogte Blouvlag Status is laasjaar toegeken aan die Wildernis en Tsitsikamma strande om te bevestig wat baie besoekers reeds weet. As jy vir daardie foto soek met die perfekte lang strande is dit die plek vir jou. Daar is enkele mooi restaurante vir die hongeriges en jy kan in die seewater afkoel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Namaqua Nasionale Park

Namaqua se kuslyn bied nie net ’n ongelooflike gesig nie, maar bied ‘n massiewe pakket van biodiversiteit. Jy sal 134 verskillende tipes plantegroei raakloop – waarvan 40% nêrens anders op aarde te kry is nie. Vir ‘n goeie blik op hierdie unieke seekus, ry die Caracaleko roete (neem jou 4 x 4. Dit is ‘n maklik na gemiddelde roete). Jy sal die die kusgebied van die park binnegaan by Hondekolipbaai.Berei jou voor op 50km merkwaardige kuslyn voor jy die Groenriviermond bereik.

Tafelberg Nasionale Park

Die park het ‘n strand vir alle voorkeure. As jy hou van sonbruin lywe en die strandkultuur kan jy by Llandudno aan die Atlantiese kus gaan kuier. As jy ‘n rustiger strandgebruiker is, kan jy by Noordhoek, Kommetjie of Scarborough gaan uitspan – almal het genoeg ruimte vir basie besoekers en gee jou kans om die sonsondergang te bewonder. Die Kaap van Goeie Hoop bied meer ongerepte en afgesonderde strande aan beide die Atlantiese en Valsbaai kante.

Wes-Kus Nasionale Park

Jy kan ‘n heerlike familiedag by die Kraalbaai strand langs die banke van die wêreldbekende Langebaan lagoon deurbring. Pak ‘n piekniekmandjie en steek die braai aan. As jy van die strand aan die agterkant van die lagoon hou, ry verder noord na die Tsaarsbank seksie van die park. Gedurende spitsseisoen en vakansiemaande soos Desember en Januarie is die park ’n gewilde kuierplek vir plaaslike en internasionale toeriste. Sorg dat jy vroeg daar is om lang rye by die braaiplek te vermy.

Bronne:
www.sanparks.org
www.southafrica.net

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

34 mins Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

47 mins Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

2 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

2 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

4 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

5 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.