kategorieë: KalenderOntspanning

Kom kyk Kamelias hierdie naweek by Vergelegen

Kom kyk Kamelias hierdie naweek by Vergelegen. Inligting en foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kamelia-entoesiaste kan hulle regmaak vir ’n lieflike naweek gevul met die skouspel van kamelias by die Vergelegen-wynlandgoed in Somerset Wes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hul jaarlikse Kamelia-naweek vind op 27 en 28 Julie 2019 by die 319 jaar oue wynlandgoed plaas. Vergelegen is boonop onlangs as Afrika se beste wynplaas aangewys tydens die wêreld se beste wynlandgoed-kompetisie!

Die landgoed is die tuiste van Suid-Afrika se enigste internasionale kamelia-tuin. Vergelegen is nege jaar gelede bekroon as een van slegs 39 internasionale kamelia-tuine van uitnemendheid en net een van twee in die suidelike halfrond.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Alles wat jy moet weet oor Vergelegen se ‘winterrose’

Jy kan die res van die winter ook kamelias kyk

Die pragtige pienk, rooi en wit blomme, wat sowat 550 Kamelia-kultivars verteenwoordig, is vandeesmaand in blom. Besoekers kan op hul eie stoom besoek aflê of plek bespreek in een van twee daaglikse toere op Saterdag- asook Sondagoggende en -middae, gevolg deur verversings in die Stables-restaurant.

Die oudste kamelia-aanplantings by Vergelegen is die klassieke kamellia japonica kultivars, waarvan die meeste groot, volgroeide struike van tot vyf meter hoog is. Gaste kan die plante op drie plekke besigtig: by die groot grasperk, by die groot Kamferbome, en aan die oewer van die Lourensrivier.

Die toere onder leiding van die tuinboukundige, Richard Arm, duur een en ‘n half uur en elke groep het plek vir 25 mense. Dit kos R140 per persoon en sluit die toegangsfooi, tee, koffie en ‘n verskeidenheid koeke by Stables in. Die toere begin soggens om 09h00 en smiddae om 14h30.

Bespreking is noodsaaklik.

Bel 021 847 2156, of e-pos stables@vergelegen.co.za.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

59 mins Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

2 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

2 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

2 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

3 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

3 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.