Kom kuier saam met Vickie by die Muskadelfees op Barrydale. Inligting en foto’s verskaf.
Kom kuier saam met Vickie de Beer by die Muskadelfees op Barrydale
rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, gaan op Saterdag 31 Augustus 2019 ’n feesmaal voorberei in die unieke en lieflik mooi Karoo Art Hotel op Barrydale.
Allesverloren-wyn en -muskadel gaan saamkuier om die aand in ’n ware smulfees om te tower.
Die Karoo Art Hotel op Barrydale is ’n besonderse vierster- boetiekhotel met 15 luukse kamers, elk met sy eie ontwerp en unieke tema. Alle vorme van kuns word in die hotel gevier. Dis die tuiste van ’n verskeidenheid kunswerke teen die mure, opwindende musiekaande en natuurlik ook die kuns van kos en wyn. Maak sommer ’n lekker naweek daarvan en benut hul spesiale afslagpryse vir verblyf!
Vyf geslagte van die Malan-familie maak reeds sedert 1704 wyn op Allesverloren. Dié wynplaas teen die hange van Kasteelberg in Riebeek-Kasteel lewer groot, robuuste wyne danksy die klipperige sandsteengrond wat sorg vir diep, sterk wortels. Die wyne is dieprooi met gekonsentreerde vrugte en diep smake.
Hoeveel kos dit?
Die ete met wyne ingesluit kos slegs R500 per persoon.
Die Karoo Art Hotel bied ook ’n baie spesiale afslag vir verblyf vir die aand:
R700 pp (R800 vir enkelbesprekings) wat deel vir ’n Klein Karoo- kamer (onbyt ingesluit)
R800 pp (R1 000 vir enkelbesprekings) wat deel vir ’n Groot Karoo-kamer (ontbyt ingesluit)
Hoe om te bespreek:
e-pos: [email protected]
Die hotel neem geen telefoniese navrae nie – slegs per e-pos
Meld duidelik op jou e-pos dat jy ’n rooi rose-leser is.
Op die spyskaart
Allesinsluitende prys van R500.00
Hoofsaaklik Allesverloren-muskadel, maar ook shiraz en ander wyne uit hierdie stal
Voorafhappie: Muskadelkelkie met brie op brioche afgerond met pere in muskadel geposjeer
Voorgereg: Eendlewerpatee met muskatjellie en amandelbrood-melba
Hoofgereg: Varkrafeltjievleis met soetpatat en groente
Nagereg: ‘n Proesel kultuur van oor die water:
Tarte tatin met gorgonzola-roomys
Kook soos Vickie! Kry haar smullekker-resepte hier