Kom kuier saam by die Linden-wintermark Foto’s en inligting verskaf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Breek uit jou winter hibernering en gaan kuier Saterdag 13 Julie 2019 by die Linden-mark by die Botaniese Tuine by die Emmarentiadam. Daar sal jy 160 innoverende stalletjies vind wat onder meer warm winterkos, stomendwarm-sjokolade, warm baadjies, stewels en eksklusiewe lyfprodukte sal verkoop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Gaan geniet die viool- en saksofoon-klanke van Luca Tim, gevolg deur die marimba-orkes, Cole Train, wat jou dansvoete sal laat jeuk met hul eksotiese klanke. Daarna sal die ses-stuk orkes, Sea of Green, vir vermaak sorg.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Van die hoogtepunte by die mark is die kinder-entrepreneursafdeling wat kinders van jongs af wil inspireer om soos entrepreneurs te dink. Saterdag sal vyftien kinders hul ware van 11:00 tot 13:00 uitstal.
Om kinders die res van die dag te vermaak, sal daar gesigverf, mans op stelte, kreatiewe kuns en ’n springkasteel wees.
Die mark beoog ook om mense bewus te maak van CLAW se werk met hawelose diere en mense. Hulle versprei kospakkies, ondersteun huishoudings waarvan ’n kind die hoof is, help gemeenskappe toegang kry tot gesondheidsorg en hospies-fasiliteite. Besoekers word aangemoedig om ’n warm baadjie of trui saam te bring asook ’n paar ekstra skoene sodat dit aan minderbevoorrregtes versprei kan word.
Soos gewoonlik, sal Benji + Moon daar wees om saam met CLAW die gewilde Date-a-Dog aan te bied. Jy kan ’n hawelose hond vir ’n stappie deur die mark neem, en as jy verlief raak op die hond, kan jy hom aanneem. Die inisiatief het groot sukses behaal by vorige markte en sewe honde is al aangeneem. Daar is ook donasies van R4 740 ingesamel.
Markgangers kan hul deel doen om die planeet te bewaar deur die eko-vriendelike, herbruikbare bekers van SWIG te gebruik. Jy betaal R10-deposito vir die beker en jy kan dit oral by die mark gebruik of die beker as memento hou.
Die mark is hondevriendelik en jou woef is welkom.
Die mark vind plaas vanaf 9:00 tot 16:00 by die botaniese tuine by 45 Thomas Bowler-straat, Emmarentia-dam, Johannesburg. Toegang R30 per volwassene en R15 vir pensioenarisse. Kinders kry gratis toegang.
Aanlyn-kaartjies by https://qkt.io/Rya672
Parkering: R20 by Rooseveldt High (fondse gaan aan die skool)
Gesels gerus saam op sosiale media: facebook, Instagram en twitter.
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Hierdie webwerf gebruik koekies.