Na die sukses van die eenmanvertoning, Die Klaagliedere van Ds. Tienie Benadé (geskryf deur Dana Snyman), is Frank Opperman ook nou te sien op die silwerdoek as Tienie Benadé in, Dominee Tienie.
Na sestien jaar as predikant van die Moedergemeente word Tienie Benade gekonfronteer met ’n geweldige daling in getalle en ’n moderne gemeenskap wat by die dag verander. Is daar nog ’n plek in hierdie wêreld vir predikante óf die kerk?
Hy probeer sy bes om aan te pas en sin te maak van die veranderings maar in die proses vervreem hy sy vrou en kinders. Na ’n insident met ’n sterwende boemelaar bevind Tienie homself by ’n kruispad. Sal hy sy selfvertroue en die liefde van sy gesin kan terug wen en sal hy dapper genoeg wees om sy gemeente in ’n nuwe era in te lei?
Die rolverdeling sluit in: Henriëtta Gryffenberg, Annette Engelbrecht, Regardt van den Bergh, Deon Lotz en Carel Nel.
Die regie is behartig deur Sallas de Jager.
Fliekbesonderhede:
Lesers kan Dominee Tienie by die volgende fliekteaters saam met ons kom kyk voor dit op die kringloop uitgereik word:
Ster-Kinekor Tygervallei (Kaap)
Ster-Kinekor Brooklyn Mall (Pretoria)
Datum: Donderdag, 17 Januarie 2019
Vertoning om 20h00 (kaartjies kan vanaf 19h30 af gehaal word by die registrasietafel)
Elke gas sal ’n komplimentêre boks springmielies en koeldrank ontvang.
Registreer hier en jy kan gratis kaartjies te wen.
Kompetisie sluit: 1 Januarie 2019
[gravityform id=”427″ title=”true” description=”true”]