Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Op die program:

Een van Suid-Afrika se gewildste akteurs Ian Roberts praat oor sy memoire Is dit jy? en speel vóór in Radio Kalahari Orkes se konsert.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Clarens se eie musiekster Josh Mokoena kom huis toe met sy jazz-vertolking, terwyl die immergewilde André Schwartz met sy nuwe produksie “Gesigte” beloof om ‘n vol saal te trek.

Die bekroonde musiekblyspel Vincent − met Daniel Anderson begelei deur Paul Ferreira − verken die lewe van die enigmatiese kunstenaar Vincent van Gogh.

Kaartjies verkoop ook vinnig vir raconteur en Comrades-koning Bruce Fordyce se boekpraatjie Tales from the Road (Hy neem ook die voortou by die Clarens Parkrun op Saterdag 3 Mei).

Die Aussie-superster Tony Park deel geheime oor die skryf van blitsverkopers en gesels oor sy liefde vir Suid-Afrika se natuurlewe.

Uit Breyten se Boek:

Skeppende kunstenaars Laurinda Hofmeyr, Bibi Slippers en Koos van der Merwe bring met woord en lied eer aan Breyten Breytenbach. Kaartjies is hier beskikbaar.

Storiekos: Frik de Jager:

StorieKos is veel meer as net nog ʼn kookboek. In StorieKos nooi Frik de Jager jou uit om saam met hom op reis te gaan vanaf die Karoo tot in Kaïro en van Rusland tot in Rome. Dit is ʼn kos-reisverhaal waarin hy sy passie vir “peasant food” of plattelandse kos deel – resepte en stories van mense en ervarings versamel oor ʼn tydperk van bykans vier dekades.

Hy deel die eenvoud en opregtheid van hierdie geregte wat die toets van tyd weerstaan het en deur die jare aangepas is in die kombuise van generasies van huiskokke. Kry jou kaartjie hier!

Sjampanje & Soetgoed:

Kom vier die lewe saam met die skrywer en akteur Susan Coetzer en hoor die storie agter Haas en Harriët, haar jongste roman wat oornag sterstatus bereik het. As motiveringspreker − met ‘n rits boeke met ‘n geestelike inslag agter haar naam − trek sy landwyd vol sale met haar eg-menslike en humoristiese aanslag. Sorg dat jy nie die sessie saam met Susan op die daktuin van iL Castello misloop nie! (‘n Glasie borrels en ‘n paar happies by kaartjieprys ingesluit)

Rillers & Raaisels:

Die bekroonde joernalis, skrywer en uitgewer Marida Fitzpatrick vertel van die droom waaruit haar sielkundige riller, Mara ontstaan het. Nuweling Elmarie Viljoen-Massyn deel die verhoog met agtergrond oor haar nuwerwetse spanningsroman Vuurvoël wat met ‘n filmprys bekroon is. Marian Human-Nel van die Departement Afrikaans en Nederlands, Frans en Duits aan die UV lei die gesprek oor boeke wat jou laat naels kou. Klik hier vir kaartjies.

Op die dorpsplein trek sowat 40 visuele en beeldende kunstenaars saam om hul werk uit te stal. Vir die volledige lys van kunstenaars, klik hier.

As jy brand om jou eie kunstigheid − of verbeelding − vrye teuels te gee, is daar werkwinkels wat jou sal besiel. As jy hou van poësie of pottebakkery, skryf of skilder, konsert of kook, boeke of bekendes; debatte of diepsinnige gesprekke … die Clarens Kunstefees bied iets vir elke smaak.

Kyk na die volledige program en bespreek jou kaartjies hier.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

17 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

18 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

2 days Gelede

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.