kategorieë: Leef gesondGesondheid

Kolonoskopie: wat jy moet weet

Een uit vyf mense kry kolonkanker en een uit vier Suid-Afrikaanse kolonkankerlyers het ’n familielid daarmee. Dus: dit is algemeen en dit is in ons gene vasgelê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

So lyk die simptome

As jy die volgende simptome herken, steek onmiddellik alle skigtigheid in jou agtersak: Rooi bloed of swart teeragtige, taai stoelgange Gereeldheid wat wissel van hardlywigheid na diarree Die voortdurende gevoel dat daar iets is maar niks gebeur nie Jy verloor gewig sonder om te dieet Jy is moeg sonder rede. Naarheid Pyn en krampe ná ete; voortdurende opgeblaasde gevoel, winderigheid sonder rede, vol sonder rede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Is dit so erg?

Nee, die skoop is baie dun. Maar dit kan kramperig voel. Jy kry in elk geval ’n enema vooraf en ligte sedasie vir die prosedure. Dit neem 30-60 minute. Reël dat iemand jou by die hospitaal afhaal, want jy mag nie ná die sedasie bestuur nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Keer

Dit lyk asof aspirien voorkomend is by mense met ’n hoë risiko. Praat met jou internis, want aspirien is nie vir almal nie. Rook en oorgewig verhoog jou risiko Dit lyk asof kalsium en vitamien D-aanvullings voorkomend kan wees. Melk bevat altwee, mits dit nie vetvrye melk is nie Eet genoeg vrugte en groente om die kolon skoon te hou.

Lees ook: Hoekom jy nie moet oefen as jy griep of verkoue het nie

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

2 days Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

2 days Gelede

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…

2 days Gelede

Frikkadelle in tamatiesous

Genoeg vir 4-6.   Bestanddele   4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…

2 days Gelede

Wees positief, leef langer

Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.