kategorieë: Bekendes

Kokkedoortjie is hier!

10 kinderdeelnemers begin vanaand vir die titel van Kokkedoortjie uitspook. Die beoordelaars en aanbieders is Mari-Louis Guy en sjef Nic van Wyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Baie is op die spel. Die wenner ontvang die groot prys van ’n avontuurlike bootreis op die Middellandse See wat deur Pentravel geborg word. Die waarde van hierdie prys is R200 000,  wat beteken die wenner se gesin kan ook saamgaan. Die naaswenner en sy of haar gesin wen ’n vyfster-vakansie ter waarde van R150 000 by ’n gesinsoord in Mauritius, ook geborg deur Petravel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die reeks gaan nie net ’n fees wees vir die oog nie, maar dit gaan ook kykers se hartsnare roer. Regisseur, Sanet Olivier sê: “Dis moeilik om kinders se teleurstellings te beleef. Maar as ’n geheel was die Kokkedoortjie-ervaring vir almal opheffend en positief. Die kinders kompeteer meer teen hulself as teen hul maats en hulle het ’n baie hegte band gevorm op die stel. Kinders is eintlik baie meer natuurlik voor die kamaras en is baie eerlik en opreg met hul opmerkings. Ons het dit baie verfrissend gevind.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Elke deelnemer kon ’n ouer as mentor saambring na die stel. Die ouers kon raad gee en ondersteuning bied maar mag glad nie saam gekook het nie. Die interaksie tussen die ouers en hul kroos was ’n interessante kinkel in die program.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Kyk wie is kykNET se Kokkedoortjies!

Kykers kan uitsien na uitdagings soos ’n opwindende terug-skool-toe kosblik, ’n smullekker middernagfees, ’n gesinspiekniek met ’n mandjie vol idees, en ’n koekbak-kompetisie. Die reeks bereik ’n hoogtepunt wanneer die jong sjefs op 28 Junie 2017 met mekaar meeding om uiteindelik die wenner aan te kondig.

Kyk na die voorskou hier:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

21 hours Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

22 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

23 hours Gelede

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…

1 day Gelede

9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…

1 day Gelede

Bak op vuur? ‘Kokkedoor’-wenspan deel hul wenresep

  Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.