Die veelsydige Shaun Scrooby van Vuur op die Remhoogte-landgoed het in die vyfde episode van kykNET se vuurwarm werklikheidsreeks Kokkedoor Vuur & Vlam die deelnemers met sy interessante braaitegnieke inspireer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Shaun hou van wildsvleis sonder fiemies en souse en marinades en dinge. Maar daar’s een item wat hy graag inspan vir meer geur en dis ook een van koskenner Kobus Botha se gunstelinge: die flambadou. Kykers sal onthou Kobus het in die eerste seisoen van Kokkedoor Vuur & Vlam dié interessante stuk toerusting se lof besing.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Elke span het ’n halwe springbok gekry waaruit hulle ’n voorkwart- en agterbladsnit moes sny. Sélf sny, natuurlik. En dit moes ’n volledige hoofgereg wees met groente, stysel en die vleis oor die vuur.
Tydens hierdie uitdaging het van die spanne self die flambadou ingespan – met uitstekende resultate.
Die wenners van dié uitdaging het nie net bragging rights losgebraai nie, elkeen van hulle het ’n Megamaster-braai van R14 000 gewen! Kinkelbraaier Stefan Weitz (36) van Observatory en sy spanmaat, onthoubraaier Benjie Benjamin (39) van Kimberley, was absoluut verstom toe hulle die goeie nuus gekry het.
Die twee gesels oor messe, lesse en die flambadou.
Daar word gesien hoe jy die skerpte van jou mes toets. Tref jy onderskeid tussen die skerpte van ’n mes na gelang van die produk wat voorberei moet word?
’n Mes moet altyd lekker skerp wees, maar veral wanneer jy vleis of vis verwerk.
Het jy geweet Benjie het sy hoop op julle twee as ’n wenspan gevestig vir hierdie uitdaging? Indien wel, het dit addisionele druk op jou geplaas of nie?
Voor die tyd het hulle gevra wie ons dink gaan wen. Ek het gegrap en gesê ons gaan wen, maar ek het nie geweet dat Benjie toe wel ons vir ’n wen gekies het nie. Ek wens nou natuurlik dat ek ook vir ons gestem het, maar ek is baie bly vir Benjie!
Jy het selfs ’n prentjie geteken van hoe julle bord moet lyk. Is dit iets wat jy normaalweg doen? Of is dit ’n nuwe ding en iets wat jy in die toekoms weer sal inspan?
Ons moes altyd in die kookskool ’n voorbeeld van jou bord geteken het. Ek doen dit as ek iets nuut wil probeer. Ek het gevoel na ons vorige kook sou dit voordelig vir ons as ’n span wees om te verstaan hoe die bord moet lyk.
Jy was beïndruk met Benjie se filo-pakkies. So ook die beoordelaars. Hulle het dit “inspirerend” gevind. Oorweeg jy iets soortgelyk op die spyskaart vir die restaurant waar jy werk?
Ek is so bly die beoordelaars het daarvan gehou. Ek dink die filo-pakkies was ’n baie goeie idee wat Benjie gedryf het. Ons het net gehoop ons kry die vleis sag en dat die smaak sal werk. Ek sal definitief Benjie se idee in die toekoms gebruik!
Jy was verstom oor Shaun se tangetjie (tweezer). Maar wat het jy van die flambadou gedink – en is dit iets wat jy tuis ook op die proef gaan stel?
Ek was beïndruk met Shaun se tangetjie en die doel waarvoor hy dit gebruik. Daar ek het geleer wat om te doen as ’n mens fyner werk wil verrig. Die flambadou is nogal iets kwaai, en wys jou weer ’n ander manier om meer geur in sekere snitte in te kry en jou dis so bietjie “op te lig”.
Daar was geen twyfel by jou dat jy en Stefan gaan wen nie en het dit as jou World Sports Betting-keuse aangedui. Jy was ook die enigste een wat reg geraai het! Vertel meer daaroor.
Ek het baie geleer tydens ons eerste uitdaging en het geweet as ons gaan werk aan ons swak punte en fokus om baie geurige en smaakvolle kos voor te sit, sál dit ’n goeie wen-formule wees.
In die derde episode het jy en jou vorige spanmaat, Francois Binneman (35), professionele sjef van Port Elizabeth, ook die uitdaging gewen. Wat dink jy is die x-faktor wat jy na die party bring?
Ek dink dis meer dat ek my spanmaat gerus kan stel sonder om te veel druk op hom te plaas. Hy is wel die Kinkelbraaier en is meer volleerd in die kook-kuns. Ek moet erken, ek het verskriklik baie by Stefan en Francois geleer.
Ja, ek dink ek bring meer ’n gevoel van kalmte want dit help nie ons ego’s kry die slegste uit ons nie. Ons kan vinnig werk, maar dinge kan net so vinnig ook skeefloop.
Wat gaan die eerste ding wees wat jy op jou Megamaster-braai gaan braai?
Dit sal definitief ’n lekker steak, ’n paar lamstjoppies en dan naturlik daai mieliepap-gereg van Martin en De Wet wees.
Vir kinkelbraaier De Wet Visser (37) van Welgelegen en onthoubraaier Martin Steyn van Stellenbosch het dinge ongelukkig nie so goed afgeloop nie. In die vorige episode het die twee se vaalkospotjie die beoordelaars behoorlik aan’t smul gehad, maar vandeesweek moes hulle hul voorskote ophang.
Kokkedoor Vuur & Vlam word Donderdagaande om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Stream) uitgesaai. Episodes sal ná uitsending ook op Catch Up beskikbaar wees. Kyk ook solank die eerste seisoen op Showmax.
Lees ook: Aktrise en kinderboekskrywer Crystal-Donna Roberts is oorlede
Showmax se splinternuwe werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied binnekort ’n vars blik…
Tuiniers het dikwels letterlik en figuurlik hul hande vol aan die einde van die tuinmaakseisoen…
Die bekroonde aktrise en kinderboekskrywer, Crystal-Donna Roberts, is Donderdagoggend op 41-jarige ouderdom oorlede ná 'n…
Hierdie en vele ander verhale word opgediep in die tweede reeks van Die Storie van…
Nadat die Proteas Saterdag die Engeland-span met sewe paaltjies in Karatsji oorrompel het, is Suid-Afrikaners…
Hooffoto: Facebook/Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin Die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) bied hierdie Maart…
Hierdie webwerf gebruik koekies.