In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die stryd om die wenstreep eerste te haal, al hoe meer intens.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Van hier af vorentoe gaan die spanne wat deur glanssjef Bertus Basson en koskenner Kobus Botha aangewys is, al drie die laaste skofte van hierdie swoeg-en-sweet-reeks saam aanpak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die groot vraag was natuurlik of die nuwe spanne mekaar se ritme sou vind en of iemand iewers die pad byster geraak het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die uitdaging was een uit die bose boeke! Daar moes buite gebraai word en die woelige wind was allermins in hulle guns. Resepte het weggewaai (en is weer gevind) en ’n seekat wat moes droog in die wind, was op die einde van die dag so vol sand gewaai dat dit van die spyskaart verwyder moes word.
Die spanne se lot was dié keer bepaal deur ’n nommer onderaan ’n piramiede. En elke nommer het ’n land verteenwoordig. Mexiko, Marokko, Brasilië en Indië is die lande wat deur die spanne “besoek” moes word nadat Kobus vir elkeen ’n vlugkaartjie in die hand gestop het en hulle tasse moes oopmaak met bestanddele van hul bestemming.
“Ons wil graag hê dat julle die land se smaakprofiele verteenwoordig op die bord en ook dat julle die gereedskap sal gebruik wat elke land verteenwoordig,” was Bertus se opdrag aan die spanne.
Verder was daar geen toegang tot die gas-oonde, lopende water of elektrisiteit nie.
Elke span moes binne drie uur twee proteïene op die vuur en ’n verskeidenheid bykosse wat groente, stysel en ietsie soet insluit, gelewer het.
Dit was kinkelbraaier Lourens Engelbrecht (37), ’n vryskutsjef van Pretoria en sy onthoubraaier-spanmaat Johan de Villiers (30), die operasionele bestuurder van ’n familieplaas naby Durbanville, wat koning gekraai het met hul Marokkaanse disse.
Die kinkelbraaier Stefan Weitz (36), ’n voltydse sjef van Observatory en sy onthoubraaier-spanmaat, Ferdi Uys (45) van Struisbaai, ’n produksie-adviseur in die mynbedryf, het vir oulaas die vuur die stryd aangesê.
Jy en Johan was vantevore spanmaats. Hoe het dit gevoel om weer die uitdaging saam met hom aan te pak?
Ek was verras toe hulle ons weer saam gesit het as spanmaats, maar ek was ook baie bly omdat ons so ’n goeie band as spanmaats vorm. Saam het ons regtig goed gedoen tydens die uitdagings. Daar is net daai iets tussen ons wat werk. Ons verstaan mekaar en werk so lekker saam in die kombuis. Ons vul mekaar se talent en tekortkominge aan in die kombuis – en kan dit als doen met ’n goeie gesindheid.
Was jy gelukkig om Marokko as tema te kry of sou jy een van die ander lande verkies het? Vertel gerus meer.
Ek dink enige van die lande waaruit ons moes kies, het sy eie uitdagings gehad maar in ons voorbereiding vir die uitdaging het ons meer aandag aan Marokko gegee. Toe ons Marokko trek was dit regtig net pure luck. Ons het die uitdaging baie geniet, veral noudat ek en Johan weer spanmaats is en ek dink ons borde op die einde het dit gewys.
Die buite-braai . . . is dit iets wat jy nou meer gereeld gaan doen of nie? En hoekom?
Om buite te braai vorm ’n groot deel van my werk as vryskut-sjef waar ek die meeste van die tyd op privaat-wildsplase werk. Ons gee vir ons internasionale gaste ’n regte Suid-Afrikaanse ervaring waar ek verskillende braaitegnieke toepas. En natuurlik geniet ek ’n rustige Sondag-braai saam met my gesin.
Daar was ’n benoude oomblik toe jou resep weggewaai het. Watter plan sou jy gemaak het as iemand dit nie betyds vir jou gered en teruggebring het nie?
Moeder Natuur het my so bietjie probeer pootjie, maar gelukkig kon ek die resep betyds terugkry want dit was ’n baie spesifieke resep vir ons dadelballetjes. As dit nie gebeur het nie, sou ek maar net op gevoel dit moes maak. Bygesê, die wind het ons darem nie gekeer om die uitdaging met sukses deur te voer nie.
Jy het vir jou en Johan as wenners gekies vir die World Sports Betting-prysgeld. Hoe het dit vir jou gevoel toe jy hoor julle was in die kol?
Ek en Johan was vol selfvertroue oor ons spanwerk in die kompetisie en dit het net reg gevoel om dit so te doen, veral omdat ons een van die vorige uitdagings [Episode 7 met die motorfietsryers vir ontbyt] as spanmaats gewen het. Die prysgeld van World Sports Betting is beslis ’n lekker bonus saam met ons wen van die uitdaging.
Jy was bekommerd dat vrees jou geluk vir kos kan steel. Wat vuur daardie vrees aan en in hoe ’n mate dink jy help Kokkedoor Vuur & Vlam jou om daardie vrees hok te slaan?
Die vrees word aangevuur omdat ek gedink het dat ek nie goed genoeg is as ’n sjef nie. Ek was so gereeld net-net goed genoeg vir tweede beste in ’n kombuis. Deur die Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks het ek baie van myself geleer. Ek hoef nie so hard op myself te wees nie, en ek weet dat kos my passie is en dat ek uit my hart uit kos maak. Ek het my vrees oorkom en weet dat my waarde en insette in my besigheid die vrugte daarvan gaan pluk.
Jy was opgewonde oor die moontlikheid van Marokko vir julle tema. En daar kies jy dit toe so wraggies. Wat maak van Marokko so ’n aanloklike bestemming vir jou? En watter land sou jou tweede keuse gewees het?
Marokko was vir my aanloklik omdat ek bekend is met die geure en ek het al ’n hele paar Marokkaanse disse in my lewe gemaak. Dis ’n kombinasie van rook, speserye en tradisie.
Jy het vertel van jou pa se potjie tydens die pa-en-seuns-naweke. Brei gerus meer uit oor sy resep met heuning . . .
Dit is ’n pot wat my ouers in die Huisgenoot van die 70’s opgespoor het. Dit was altyd ’n go to-resep vir ons familie-geleenthede. My pa het ook hierdie resep gemaak by die pa-en-seun-naweke toe ek in Helshoogte was. Dit was altyd ’n treffer.
Hoe het dit gevoel toe Bertus die “moeilike” ding sê – dat hy alles wat julle voorgesit het, wil eet? En baie daarvan.
Dis is een van die grootste komplimente wat ’n mens in daai kombuis kan kry! Bertus is nie skaam om eerlik te wees nie, so as hy dit sê, weet jy jy’t iets reg gedoen. Dit gee jou sommer ekstra momentum vir die volgende uitdaging.
Jy en Lourens het elkeen vir julle self as die wenspan gekies vir hierdie uitdaging. Was dit wensdenkery of het die vlinders in die maag net gesê julle moet dit waag?
Ek dink dit was ’n kombinasie van hoop en vertroue. Jy weet nooit wat gaan gebeur nie, maar daar was iets in die atmosfeer – ons was in ’n goeie ritme, ons kombinasies het gewerk, en ons het regtig die kos gevoel.
Die vlinders was daar, maar hulle het in die regte rigting gevlieg!
Lees ook: Herman oor nuwe Kokkedoor-reeks: ‘Nostalgie is die belangrikste geurmiddel’
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Die toonaangewende koskenner Herman Lensing (37) is een van die beoordelaars in die volgende gedaante…
Hierdie webwerf gebruik koekies.