In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers hul vis-vaardigheid ten toon stel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
En nie sommer enige vis nie. Dit moet die nederige sardien wees, die einste vis wat in blikvorm ’n paar maande gelede stof in die oë van hoenderverkope geskop het. Maar die beoordelaars het nie daarby volstaan nie. Hulle wou ook wit-aas, inkvistentakels (deur vis en skyfies geïnspireer) en geblikte mossels op kleinbordjies geniet.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Lees ook: Kokkedoor se Mike en Suzie oor hul oorwinning: “Mense gaan altyd koppe stamp aan die begin”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die deelnemers moes dim sum met die geblikte mossels voorberei – ’n dis wat vir verskeie van hulle ’n volksvreemde dis was. Alhoewel dié tradisionele Chinese maaltyd wat “hartslekkerte” of “om jou hart aan te raak” beteken, het dit tydens hierdie episode ’n paar harte gebreek…
Naamlik die van Nelda Buhr, ’n kunstenaar van Malmesbury en Johan van der Watt, ’n argitek van Bellville. Ons met hulle gesels oor hulle laaste uitdaging.
Jy noem dat jy’t nog nooit ge-dim sum het nie. Hoe op dees aarde benader jy iets wat aan jou onbekend is?
Dit het my onmiddelik aan die Bybelvers laat dink “Ek slaan my oë op na die berge, waar gaan my hulp vandaan kom?”
Ek het verwoed begin lees, maar dit voel of dit glad nie gehelp het nie. Dit was baie moeilik om te maak want ek het gaan idee gehad van die tekstuur of smaak nie, net mooi bôggerol! Dit was duidelik “not a walk in the park, maar a walk straight home”.
Dit lyk of jy en Johan goeie spanmaats was. Wat van hom het veral vir jou uitgestaan?
Hy is net só entoesiasties en gefokus! Dit het gevoel of hy die hele tyd kalm en in beheer van die situasie is.
Jy sê dat jy jouself in ’n ongewone situasie bevind en dat jy nie weet wat om met jouself te doen nie. Het hierdie ervaring dalk vir jou ’n liggie laat aangaan?
Beslis! Ek het besef ek het nie noodwendig bygehou met nuwe kos-tendense nie en ek wíl relevant wees – nie net wat kos aanbetref nie, maar ook in my totale menswees.
Selfs my opinie oor ’n braaibroodjie het verander: Deesdae hou ek van ’n opgetofde broodjie! Gooi daai mayonnaise, rissies, knoffel en sprietuie . . . gee hom woema!
Ek moet ook sê die ongelooflike dekor en aandag aan detail [op die stel] het opnuut my oë oopgemaak om fyner te kyk na interieur en kuns. Daar is laag-op-laag van mooi wat mens nie met die eerste oogopslag raaksien nie.
Wat het jy gedink van Kobus se gaarmaakmetode met swart mossels waar hy dennenaalde bo-op die mossels stapel en dit aan die brand steek? En gaan jy dit dalk tuis probeer?
Dit was waarlik ’n unieke metode wat ek nog nie vantevore gesien het nie. Met my professie is die visuele komponent baie belangrik en hierdie Metode is nogal ’n show stopper. Sodra ek dennenaalde in die hande kry sal ek dit verseker probeer. Maar ek het gevind daar kom baie as in die mossels, dan is dit nie die lekkerste nie . . .
Jy en Nelda het goed saamgewerk. Is daar iets wat jy by haar geleer het – of dalk vir haar geleer het tydens die uitdaging?
Dit was baie lekker om saam met Nelda kos te maak en haar rustigheid so deur die chaos was opmerkend. Sy het ’n bobotie-vulsel in die dim sum gemaak wat rêrig baie lekker was. Vir my was dit die grootste les wat ek by haar geleer het . . . net jammer Kobus en Bertus wou dit nie proe nie!
Met ons eerste kook het ek haar gewys hoe om iets te rook deur ’n kooltjie in ’n bottermengsel saam met die kos te plaas. So kry jy die rookgeur in die kos en Nelda het dit nogal geniet.
Die bewerasie toe jy die dim sums begin vou het . . . enige raad of wenk hoe jy ’n soortgelyke situasie vorentoe sal takel?
Senuwees, dit was senuwees gewees . . . Bertus skree in die agtergrond “Daar is slegs 20 minute oor!” en aangesien dit die eerste keer was wat ek dim sum gemaak het, het die senuwees redelik gelol. Ek het nie raad nie. Daai kombuis is nie op hierdie planeet nie en die atmosfeer is anders daar! Bewe gaan jy bewe, my maat.
Jy en Nelda het R10 000 van lekkeslaap gekry om te deel. Enige idee wat jy met jou deel gaan doen?
Ek gaan my gesin vat vir ’n lekker naweek êrens in die berge op ’n plaas, en daar gaan ek vir hulle die heeltyd braai.
Francois Binneman, ‘n professionele sjef van Port Elizabeth en sy spanmaat, Benjie Benjamin, ’n hoogspanningselektrisiën van Kimberley het hul uitstekend van hul taak gekwyt en is as wenners van die derde episode aangewys.
Die uitdaging het op jou pa se verjaardag plaasgevind. Wat dink jy sou sy raad aan jou gewees het?
“My bra, wys hulle wie’s baas! Moenie worry nie, jy is klaar ’n wenner in my oë, God is in beheer.”
Waar kom jou liefde vir kosmaak vandaan? Is daar iemand wat vir jou uitstaan wat as inspirasie vir jou gedien het?
My inspirasie kom grootliks van ons oer-ouma- en oupagrootjie se tyd toe kos nog met die hand gemaak is – van brood wat met die hand geknie word tot vars gekookte appelliefiekonfyt en ’n lekker lamsboud wat stadig oornag gaargemaak is. Daardie manier van kook het ’n diep indruk op my gelaat.
Jy’t gesê die sardiens is op gevoel gebraai. Hoe sterk maak jy staat op instink wanneer jy disse voorberei?
Ek maak byna al my kos op instink gaar. Ek glo dis juis dít wat my die sjef gemaak het wat ek vandag is – om eerstens op my instink te vertrou en dinge nie te veel oordink nie.
Hoe ontspan Francois as hy nie voor die potte staan nie?
Dis eintlik ’n moeilike vraag want selfs wanneer ek op verlof is, is ek altyd doenig met kos – of dit nou by die kospotte, die spit of voor die vuur is. Maar as ek regtig afskakel, is daar niks beter as ’n lekker swemdag by die see saam met my vrou en ons twee Jack Russells, Bella en Misty, of kwaliteittyd saam met familie nie. Dit is vir my baie belangrik.
Jy en Francois het van dag een af besluit julle gaan ’n span wees. Wat was dit wat julle twee laat kliek het?
Ek sê altyd as ’n man kan ’n baard laat lank groei, dan het hy geduld. Ek kon sien Francois is ’n regte mense-mens en dan was daar ook die manier en die respek waarmee hy met my gepraat het.
Die dim sums het jou letterlik op jou knieë gehad toe jy dit gevou het. Het jy vantevore al daarvan gemaak?
Dit was die eerste keer dat ek dim sums moes maak. Ek het al gesien hoe ’n mens dit vou en dié was my geleentheid om my vaardighede te toets. Ek moes op my knieë gaan om te kyk of almal die regte grote is.
Ek verwys altyd na iets wat amper naastenby lyk soos wat dit moet, as “Neef”. So myne was dim sum se “neef”.
Jy’s ’n man van Kimberley – waar kom jou visbraaivaardigheid in . . . veral van daai sardiens waarvan jy sê “hulle is in die skool, hulle moet in ’n klas van hul eie wees”?
Ons is in die sentrale deel van Suid Afrika en in meeste gevalle braai ons snoek. Sardiens is ’n baie delikate vis en daar moes vinnig plan gemaak word met die foelie sodat die sardiens nie rondskuif met die omdraaislag nie. En omdat dit ’n “skool vis” was, was dit van pas om hulle in hul eie klas te sit . . .
Kokkedoor Vuur & Vlam word Donderdagaande om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Stream) uitgesaai. Episodes sal ná uitsending ook op Catch Up beskikbaar wees. Kyk ook solank die eerste seisoen op Showmax.
Lees ook:Vyf-vinnige-vrae met Waldemar Schultz oor Die Byl se laaste hoofstuk
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Wanneer Kaapstad se stygende temperature jou aanraai om vir koeltes uit te soek, is dit…
Hierdie webwerf gebruik koekies.