In sy volgende gedaante gaan die reeks as Kokkedoor: Son & see bekend staan, terwyl die koskenners Herman Lensing (37) en Yolani Abrahams (32) gaan besluit watter deelnemers koning kraai.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
kykNET soek nou na deelnemers vir die reeks, wat in November en Desember ’n hoofgereg op die kykNET-spyskaart gaan wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Kokkedoor: Son & see is die vyfde gedaante van die Kokkedoor-familie, waarvan die huidige reeks, Kokkedoor: Vuur & vlam, tans op kykNET uitgesaai word. Buiten Kokkedoor, wat in 2012 vir die eerste keer voorgesit is, en Kokkedoor: Vuur & vlam, was daar ook Koekedoor, Kokkedoortjie en Koekedoortjie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Volgens Kokkedoor se publisiteitsbestuurder, Wilmer Müller, is daar ’n paar unieke bestanddele vir Kokkedoor: Son & see wat dit van die vorige reekse onderskei.
“Mense moet as ’n span van twee familielede inskryf en daar moet boonop ’n generasiegaping van ten minste 20 jaar tussen die twee spanlede wees,” sê hy.
“Dit kan byvoorbeeld ’n ouma en ’n kleindogter, ’n ma en seun, skoonsusters of niggies en neefs wees – solank daar ’n tipe familieverband is en die jongste spanlid ten minste 18 jaar oud is.
“Nog ’n verskil is dat daar vir Kokkedoor: Son & see net na huiskokke gesoek word en dat daar nie deelnemers met ’n kwalifikasie as professionele sjef gaan wees nie.
“Die rede hiervoor is dat Kokkedoor: Son & see die kollig wil laat val op die nostalgiese rol wat kosmaak in ’n familieverband speel en die manier waarop dit soos ’n goue draad tussen die verskillende generasies loop.”
Die nuwe aanbieders het geen bekendstelling nodig nie, en beide het al diep spore in die Suid-Afrikaanse koslandskap getrap. Herman en Yolani spog nie net albei met sjefskwalifikasies nie, maar het ook beide reeds in talle kook- en leefstylprogramme op die kassie hul verskyning gemaak.
Volgens Yolani, wat ook ’n restaurateur is en in 2017 is, wou sy nog altyd haar kosvernuf in die media deel.
“Dis beslis nie aldag dat so ’n geleentheid oor jou pad kom nie, en ek gryp dit met albei hande – en sommer ook met my voete – aan,” sê sy.
“Ek wil ’n sukses daarvan maak, en bowenal wil ek dit geniet. Wie weet, dalk leer ek self ook ’n ding of twee in die proses.”
Herman, wat met talle topverkoperboeke op sy kerfstok spog en ’n gewilde smaakmaker is, sê hy droom al vanaf 2013 daarvan om ’n Kokkedoor-beoordelaar te wees.
“Om nou deel te wees van die tiende seisoen van die reeks en al sy handelsmerke is regtig ’n eer,” sê hy.
“Ek sien dit as ’n groot taak wat op my skouers rus om daardie intieme geskenk wat jy en jou spanmaat met my kom deel, met respek te hanteer.
“Ja, ek gaan eerlik wees met my terugvoer, maar ek belowe ek is so lief vir kos dat jy nooit gaan wegstap en minder werd voel in die kombuis nie.”
Lees ook: ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Daar’s (kos-)liefde in die lug!
Daar is ’n ou stukkie Chinese wysheid wat sê: “Jy sterf van jou voete af…
Vier Paasfees met ’n lang, uitgerekte kuier in die buitelug. Hier is heerlike en maklike…
Ontglip jou kind jou elke keer as jy wil gesels? Hier is ’n paar wenke…
Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op Laataand by Rian. Dié…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Hans van Veen Die 29ste KKNK, geborg…
Die brug is amper hier! Die tweede seisoen van Die brug begin vlak onder die wolke…
Hierdie webwerf gebruik koekies.