'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar weer die koskenners Bertus Basson en Kobus Botha met hul braai-vaardighede beïndruk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die oorkoepelende Kokkedoor-tafel is vir die eerste keer in 2013 vir kykers gedek en oor die jare het familielede van die reeks, waaronder Koekedoor, Kokkedoortjie en Koekedoortjie geurryke vermaak en inspirasie aan oud en jonk verskaf.
Verlede jaar het hierdie koswerlikheidsreeks vir die eerste keer ’n braaivoorskoot aangetrek en Karen Els van Malmesbury en Gert Joubert van Jeffreysbaai is as die eerste wenspan van Kokkedoor Vuur & Vlam gekroon.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Nou is kykNET weer opsoek na die perfekte span-kombinasie van ’n onthoubraaier en ’n kinkelbraaier wat vurig daaroor voel om kos oor die kole gaar te maak.
Wat is die verskil tussen hierdie braaiers? ’n Onthoubraaier het nie formele sjef-opleiding en professionele ondervinding nie, maar hul hart klop warm vir tradisionele kos. Hulle word gekies vanweë hul vernuf as ’n huiskok en hul kennis van onthoukos.
Daarenteen word Kinkelkbraaiers gekies juis vir hul kwalifikasies en/of hul ondervinding in ’n erkende restaurant of professionele kombuis.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 15 Junie 2024 en die reeks sal van Januarie 2025 op kykNET uitgesaai word.
Skryf só in:
Besoek www.kyknet.tv of stuur ’n e-pos na navrae@kokkedoor.tv
Elke deelnemer se inskrywingsvideo, maksimum drie minute lank, moet die volgende inligting bevat:
Reëls:
Hoe oud moet iemand wees om deel te neem? Jy moet ten minste 18 jaar oud wees op die dag van die oudisie.
Kan enigiemand inskryf? Enige Suid-Afrikaanse of Namibiese burger wat ’n geldige identiteitsdokument het, kan inskryf.
Wanneer vind die oudisies plaas? Oudisies sal in Junie 2024 plaasvind.
Wanneer en waar gebeur verfilming? Spanne wat deurdring om deel te neem, moet van 18 Julie tot 14 Augustus in Struisbaai in die Suid-Kaap beskikbaar wees.
Lees ook: Nuwe e.tv-telenovella: Daar was nog nooit ’n boerefamilie soos dié nie!
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.