Johannesburg is die groot afskop van sewe dorpe/stede se heerlike saameet en -kuier, in regte Suid-Afrikaanse styl.
Borsspeld, Bangles en ’n Blond kook die land aan die brand, en leer sover hulle gaan meer oor eg Suid-Afrikaans kos met ’n splinternuwe baadjie. Polokwane, Nelspruit, Bloemfontein, Hanover, George en Bredasdorp word ook besoek.
Hierdie trio pak hulle bus met alles en nog meer “kos” en vat die lang pad sing-sing aan met hul vierde B – Borrie die Haan! Hierdie drie Kokkedoor-finaliste wil die land wys dat ons kos geskiedenisryk is, en dat ons dit moet gebruik en aanhoudend probeer vernuwe, maar sonder om die hartjie van tradisionele resepte te verloor.
Elke dorp/stad sal ’n kans kry om aan Johnny, Marius en Alet se “langtafel” te sit en met hulle te gesels terwyl hulle lekker eet, kuier en goeie wyn geniet.