kategorieë: DekorLeefstyl

Koffietafels

Begroting

Voor ’n mens die winkels invaar, is dit goed om eers ’n begroting op te stel. Die regte koffietafel kan ’n duur affêre raak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vorm

Soos wat jy die planne vir jou sitkamer uitlê, is dit goed om te dink watter vorm die beste in jou spasie sal werk. As jy kinders of diere het, is ’n ronde of ovaalvormige tafel die beste. Die ronde vorm is goed sodat kinders nie hulself seermaak as hulle per ongeluk daarteen vashardloop nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Langwerpige koffietafel gee die regte hoeveelheid spasie tussen ’n bank en TV-kas om gemaklik rond te beweeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Grootte

Die hoogte van ’n koffietafel is baie belangrik. Die moenie laer wees as 3-5 cm van die bank se sit-gedeelte nie. Die standaard hoogte van ’n koffietafel is tussen 40 en 45 cm. Hoe hoër jou bank, hoe hoër moet jou koffietafel wees.

As jy wel ’n koffietafel sien waarvan jy hou maar onseker is of die grootte en vorm vir jou vertrek gaan werk, beveel ons aan dat jy dit eers met maskeerband op jou vloer afmerk en vir ’n week met dit saam te leef voor jy besluit.

Bruikbaarheid

Nog ’n belangrike faktor is die funksie wat die koffietafel moet hê. Is dit net vir dekorasie of word stoorplek benodig. Die hooffunksie van ’n koffietafel is om goed soos koffiebekers en somtyds ’n bakkie of twee te akkommodeer – hou dit in gedagte.

Materiaal

Koffietafels kom in ’n wye verskeidenheid afwerkings voor. Daar is byvoorbeeld die industriële styl met staal. Materiaal soos glas word gekombineer met koper of staal en bied ’n meer gesofistikeerde voorkoms. Of dit  nou akkerhout, esdoring, kersie of okkerneut is, elkeen het sy eie gevoel.

Styl

Hou die tipe gevoel wat jou sitkamer het in gedagte. Is dit modern of het dit ʼn rustieke gevoel? Kies ’n styl wat by alles in jou vertrek gaan pas. As jy ’n kontemporêre voorkoms verkies, kies ’n slanke metaaltafel met ’n glasblad. As rustiek meer jou styl is,  kies ’n eikehouttafel. Kies ’n ronde tafel met gedraaide houtbene vir ’n romantiese gevoel.

Verbruikersgids

@Home | 0860 576 576

Weylandts | 0860 103 400

CoriCraft | 021 508 5200

Mr Price Home | 0800 212 535

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.