RESEP: Koffie-en-okkerneut-koek
8 porsies
Bestanddele
Koek
30 g botter
1 e bruinsuiker
2 t fynkaneel
2 k okkerneute, gerooster
½ k melk
1 e kitskoffiekorrels
185 g botter, saggemaak, ekstra
1⅓ k strooisuiker
3 eiers
1 k bruismeel
2/4 k meel
Toffiesous
½ k strooisuiker
¼ k water
¼ k room
Metode:
Koek
- Voorverhit oond tot 160 °C. Smeer ‘n klein koekpan van 22 cm goed. Strooi meel in en skud oortollige meel uit.
- Smelt botter in pot oor matige hitte. Roer bruinsuiker, kaneel en okkerneute by. Laat afkoel.
- Meng melk en koffie in bak en roer tot koffie oplos.
- Klits ekstra botter en strooisuiker in bak met elektriese menger tot lig en donsig. Klits eiers een-een by. Roer gesifte meelblom by en daarna melkmengsel.
- Smeer een derde van koekmengsel in panbasis en strooi een derde van okkerneutmengsel oor. Bedek met res van koekmengsel.
- Bak koek vir 55 minute. Laat vir 5 minute in koekpan staan voor jy dit op draadrak sit om verder af te koel.
Toffiesous
- Roer suiker en water in pot oor matige hitte tot suiker oplos. Bring tot kookpunt. Verminder hitte en laat prut (sonder om te roer) tot karamelkleurig. Voeg room by, roer vir 1 minuut of totdat mengsel effens verdik.
- Sit voor: Gaan vinnig te werk en bedruip koek met toffiesous. Gooi okkerneutmengsel oor en druk liggies vas.
Wenk vir die kinders as hulle die bakwerk doen: As jy onseker is of die koek gaar is, druk net ‘n toetspen of mens daarin. As dit skoon uitkom, weet jy dit is reg.
Hooffoto: Aremediasyndication.com.au/magazinefeatures.co.za
Lees nog: