1 koppie oorskiet geroosterde hoender in repies geskeur
250 g (1 pakkie) kersietamaties, middeldeur gesny
1 heel avokado, in blokkies gesny
2 skywe fetakaas, in blokkies gesny
50 g (’n halwe pakkie) dennepitte, gerooster
’n hand vol vars basiliekruidblare
Instructions
Bring die water, olyfolie, botter en sout in ’n kastrolletjie tot kookpunt. Haal af en strooi die koeskoes oor. Bedek en laat vir 2-3 min. staan. Roer die koeskoes met ’n vurk tot die korrels los is. Roer die parmesaankaas deur. As dit ’n bietjie droog lyk, roer nog olyfolie deur.
Voeg die hoender, kersietamaties, avokadopeer, fetakaas, dennepitte en basiliekruid by. Meng en sit as middagete voor.