1 Spuit ’n muffinpan met 12 holtes met kleefwerende kossproei. 2 Maak die brandewyn, olie en lemoenskil en -sap in ’n kastrolletjie warm oor matige hitte. 3 Gooi die koeskoes in ’n klein bakkie en gooi die warm brandewynmengsel oor. Bedek met kleefplastiek en laat staan vir sowat 10 min. tot die koeskoes uitgeswel het. Maak oop en roer deur met ’n vurk. 4 Klop die eiers en suiker met ’n elektriese klitser in ’n ander bak tot lig en donsig. 5 Roer die eiermengsel en die res van die droë bestanddele en bosbessies deur die koeskoes. 6 Maak die pannetjie drie kwart vol met die mengsel en bak vir 15-20 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. 7 Haal uit en laat effens afkoel voor jy dit uitkeer. Sit met skeppies dubbeldikroom voor.