Serves:Genoeg vir 12 partytjiegangersNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Jellie
• 80 ml gelatien
• 1,5 liter Prosecco
• 300 g suiker
• 180 ml Aperol
• 6 lemoene, geskil en in segmente verdeel
Koekstruif
• 200 g vingerkoekies
• 200 ml Prosecco
• 2 x 250 g-mascarpone-kaas
• 250 ml room
• 125 ml kondensmelk
Instructions
1 Gooi 100 ml water in ’n klein bakkie, strooi die gelatien daaroor en laat spons vir 5 min. 2 Gooi die helfte van die Prosecco en al die suiker in ’n middelslagkastrol en verhit oor lae hitte. Roer tot die suiker gesmelt is. Trek die kastrol van die hitte af, gooi die gelatien by en roer tot die gelatien gesmelt is. Gooi die res van die Prosecco en die Aperol by en roer deur. 3 Skep eers een lagie jellie in ’n koekstruifbak of mooi glasbak. Strooi ’n paar lemoensegmente oor. Laat stol effens in die yskas en gooi dan die res van die mengsel oor met die res van die lemoensegmente. Op dié manier sak al die lemoensegmente nie af en gaan lê onder nie. Sit vir sowat 1 uur in die yskas om te set. 4 Sit die vingerkoekies op ’n bakplaat en sprinkel die 200 ml Prosecco eweredig daaroor. Pak die koekies op die jellie sodra dit begin set. Sit terug in die yskas en laat set. 5 Klop die marscapone en room met ’n elektriese menger tot dit begin verdik. Voeg die kondensmelk by en meng deur. Skep die mengsel op die koekies. Sit voor met nog lemoenskywe en vars kruisement.