kategorieë: GebakKos

Koekies met witsjokolade, lemoen en gemmer


Misokaramel
Miso (beskikbaar by gesondheidswinkels) is gefermenteerde, gestoomde sojaboontjies. ’n Klein bietjie is genoeg om ’n diep umamigeur aan geregte te gee. Dit verryk en verdiep die karamel en is gewis iets wat jy kan probeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 150 g suiker
• 125 ml (½ k) water
• 125 ml (½ k) room
• 15 ml (1 e) donker misopasta

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Meng die suiker en water in ’n klein kastrol oor matige hitte. Roer tot die suiker gesmelt is en bring tot kookpunt.
2 Kook vir 4-5 min. of tot goudkleurig en die mengsel begin karamelliseer.
3 Trek van die hitte af en voeg die room by en dan die miso en roer tot goed gemeng.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Koekies met witsjokolade, lemoen en gemmer

1 Maak die basiese resep soos bo beskryf.
2 Voeg 200 g grof gebreekte witsjokolade, die gerasperde skil van 1 lemoen en 80 g gekapte, verglansde gemmer in stroop by die basiese deeg en bak soos in die resep beskryf.
3 Smelt 200 g gebreekte witsjokolade oor matige hitte in ’n glasbak wat knus oor ’n kastrol halfvol kokende water pas.
4 Doop die een helfte van elke koekie in die witsjokolade en laat die oortollige sjokolade afdrup.
5 Laat set op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

5 days Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

6 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

6 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

6 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

6 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.