Karamel Voorverhit die oond tot 160 °C. Smeer en voer 2 ronde 23 cm-koekpanne uit. Sjokolade-ganacheKoek met sjokolade en souterige karamel
Ingredients
Instructions
1 verhit die suiker en water versigtig in ’n groot kastrol. Skud die kastrol liggies in die rondte tot net gesmelt - moenie roer nie.
2 Verhoog die hitte ’n bietjie en laat prut - Skud die pan heeltyd liggies in die rondte totdat die karamel baie donker en goudkleurig is.
3 Haal die pan af en klop die room en botter vinnig maar versigtig in tot glad, klop dan die sout in. Laat afkoel. (indien jy die karamel vooraf maak, hou dit in die yskas maar laat dit eers weer kamertemperatuur bereik voor jy dit gebruik. Jy kan dit tot 2 dae vooruit maak.)
4 Sit die sjokolade met die botter, koffie en ’n knypie fyn sout in ’n kastrol. Smelt oor lae hitte tot mooi gemeng.
5 Meng die meel, suiker en kakao in ’n groot mengbak tot goed gemeng.
6 Klop die karringmelk by die gesmelte sjokolademengsel in en voeg die geklitste eiers by.
7 Meng goed by die meel en-suikermengsel in.
8 Skep die mengsel in die pannetjies en bak vir 75-85 min. tot gaar of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat vir 10 min. in die panne afkoel en keer op ’n afkoelrak uit om heeltemal af te koel.
1 Sit die sjokolade in ’n bak. Gooi die room in ’n kastrolletjie en verhit oor matige hitte.
2 Haal af net voor dit begin kook en gooi dit oor die sjokolade (moet nooit die sjokolade by die room voeg nie - dit sal skroei.)
3 Laat die mengsel vir ’n minuut rus en roer dan met ’n houtlepel tot dit heeltemal saamgekom het. Laat die ganache tot kamertemperatuur afkoel.
4 Gooi ’n paar eetlepels van die karamel oor die koek - dit kan dalk nodig wees om die sjokolade effens te verhit voor jy dit oorgooi. Plaas die ander koeklaag bo-op en druk liggies vas.
5 Klop die afgekoelde ganache vir 3-5 min. met ’n elektriese menger of ballonklitser tot lig en donsig. Smeer die ganache bo-op. Sit dadelik voor.