September was nog nooit vir my ’n lekker maand nie. Kortom, ek hou nie van September nie. Kleintyd pluk ons op Lentedag halsstarrige bloeisels in die gietende reën. Later bibber ons in geblomde rokkies terwyl ons in Worcester se kerksaal vir tranerige ou tannies sing:
“Liefste Tannie, ons bring rosies. . .”
Op universiteit is die September-vakansie te kort om die jaar se werk in te haal. Heelwat later, op 11 September 2001, staan die wêreld verstom as twee vliegtuie en ’n hand vol terroriste die Twin Towers verwoes en die koers van New York, Amerika, die wêreld en elkeen van ons vir ewig verander.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Maar dis ná verlede naweek wat ek finaal weet: daar’s iets aan September. . .
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die gesiggie van die vreesbevange kleinding wat Saterdagoggend na die sinlose inval van die inkopiesentrum in Nairobi, Kenia in die gang na veiligheid hardloop spook by my. Teen middagete kom die sms: Broer, skoonsuster en kleine Cara veilig tuis in Nairobi. Dank Vader, dink ek.
Sondagoggend probeer ek en Mamma in ons gebruiklike vroegoggend-gesprek oor koeitjies en kalfies praat. Skielik kry nie ek of sy ’n woord uit nie. “Ek het nog nie my hormone gedrink nie,” skerm sy, haar moederhart by haar en ander se kinders in Kenia, oë vasgenael op die internasionale nuuskanaal.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Weltschmerz,” skryf skoonsus Louisa later uit Nairobi op Facebook. “Dié Duitse woord beskryf dinge hier nou die beste.” Ek Google om beter te verstaan. Want Weltschmertz, sê Wikipedia, is (onder meer) “the psychological pain caused by sadness that can occur when realising that someone’s own weaknesses are caused by the inappropriateness and cruelty of the world and (physical and social) circumstances”. Die wêreld pyn. Dis September, dink ek.
Tuis vier ons Erfenisdag terwyl die braaivleisvure brand en die middel-van-die-week vieringe kasregisters laat klingel. My binneste is omgekrap. Ek tel die dae. . . Nog vier slapies September, net vier. Dan’s dit koebaai, koebaai tot volgende jaar.
Arme September, sê Manlief later. “Ek voel skoon jammer vir hom.” Of is dit haar? En ek? In my kop hoor ek C.Louis Leipoldt praat:
Tot volgende week, in Oktober.
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.