Die dame by die kasregister maak geensins oogkontak terwyl sy die foon tussen haar skouer en oor vasknyp en haar hand uitsteek om my kleingeld aan te gee nie. My kleingeld kletter kliphard op die toonbank en rol oor die winkelvloer toe sy los voor ek vat. Sy lyk ’n oomblik verbaas, maar sit dan luidkeels haar gesprek voort.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Vies tel ek my muntstukke op en neem my voor om volgende keer eerder by dié winkel se kompetisie te koop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Want ’n gebrek aan diens en ordentlikheid is iets wat my telkens stom van verbasing laat. Ek verwag nie dat daar ’n rooi tapyt uitgerol word elke keer wat ek ’n brood en melk gaan koop nie, maar sover ek weet, beteken ’n werk agter ’n winkeltoonbank dat mens daar is om te werk – en so ’n werk behels diens aan mense wat die winkel besoek. As jy nie hou van mense en dienslewering nie, wat doen jy in daardie pos?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }By ’n ander geleentheid het ek op ’n bedrywige Saterdagoggend ’n kettingwinkel in die mall besoek. Die winkel was egter verbasend stil en nadat ek die rakke onsuksesvol deursoek het vir die regte grootte kledingstuk vir my dogtertjie, het ek by die winkeltoonbank gaan hulp vra. Die gesprek het min of meer só verloop:
Ek: “Het julle dalk hierdie baadjie in ’n 8-9 ook?”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Werknemer: “Hulle stop by 8-9.”
Ek: “Ja, maar het julle dalk voorraad van ’n 8-9?”
Werknemer: “Nee.”
Ek: “Sal julle tak in die dorp dalk hê?”
Werknemer: “Ja, dalk.”
Ek: “Kan julle asseblief vir my op die stelsel kyk of hulle dalk het?”
Werknemer: “Nee. Ons moet bel.”
Stilte.
Ek: “En, julle gaan nie bel nie …?”
Werknemer: “Nee, hulle tel in elk geval nie hulle foon op nie.”
Ek, na ’n oomblik se stille verbasing: “So, julle gaan my nie help om die baadjie wat ek soek te koop nie?”
Werknemer trek skouers op.
Ek: “Dan moet ek nou maar ’n baadjie hier oorkant gaan koop?”
Werknemer: “Dis regso. Maak wat jy wil.”
Dit alles terwyl die manlike winkelbestuurder agter haar staan en toeluister.
***
Volgens ’n sosiale mediablad oor dienslewering word daar gereeld klagtes ontvang oor hierdie spesifieke winkel en werknemer se gedrag teenoor klante. Maar, dit blyk dat dit hulle min skeel. Die heersende houding is skynbaar: “Die winkel is oop, hier is klere om te koop – wat meer wil jy hê?”
Hulle is nie die enigste onderneming nie – daar is talle.
Dit verbyster my dat ’n mens so min kan omgee vir die winkel of onderneming waarvoor jy werk – of erger nog, wat aan jou behoort.
Toe ek as student naweke en vakansietye in ’n boekwinkel gewerk het vir sakgeld, het ek reeds besef dit kos niks om vriendelik en hulpvaardig te wees nie. Dit is immers my werk – ek doen niemand ’n guns nie; dit is waarvoor ek betaal word. Ons as winkelassistente het nou en dan met arrogante mense te doen gekry, maar jy wéét dat die winkel se beeld van jou gedrag as werknemer afhang. Dit is só eenvoudig.
My uitgangspunt was nog altyd dat mense en diens belangriker is as geldmaak. Goeie dienslewering en konstante verbetering behoort enige onderneming se hoofprioriteit te wees.
Ongelukkig het nie almal daardie uitgangspunt nie. Geld het belangriker geword as verhoudings. In die worsmasjien van geldmaak, is dit dikwels nie eers meer vir iemand duidelik hoe hy die mense waaruit hy geldmaak, behandel nie.
Die Kuga-debakel die afgelope tyd het die kwessie van dienslewering en hoe dit ’n handelsmerk kan knou, weer op die spits gedryf. Verskeie Kuga’s het aan die brand geslaan. Die grootbase van Ford is vanuit talle oorde daarvan beskuldig dat daar nie aan klagtes gehoor gegee is nie en dat die probleem onder die mat gevee is alvorens die media die omvang van die probleem uitgewys het. Daar moet dus nou heelwat vure doodgeslaan word om die handelsnaam in ere te herstel.
Daar is ’n groot aantal mense wat ag slaan op klagtes en die leemtes in hulle onderneming probeer aanvul en regstel. Maar, daar is ook ’n hele paar wat eenvoudig ’n blinde oog gooi en arrogant staatmaak op hulle gewaande idee dat mense altyd sal terugkom vir nog, ongeag.
Dalk is dit tyd dat ons ophou kla en ons beursies die praatwerk laat doen. Weier om vir vrot diens te betaal. Weier om onbeskof behandel te word en stap aan na die volgende winkel waar die kans goed is dat jy wel hoflike en vriendelike diens sal kry.
Miskien skrik iemand wakker en besef dat ’n mislike houding en goor diens ’n onderneming niks in die sak bring nie. Dalk skrik so iemand nooit wakker nie. Maar, dit is altyd jou keuse of jy gaan toelaat dat jy deur swak diens geboelie word.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.