Ingredients
- 1 komkommer, met ’n aartappelskiller in repies gesny
- 1 klein papaja, afgeskil en met ’n aartappelskiller in repies gesny
- 2 lemoene, geskil en in segmente gebreek
- 2 avokado’s in 2 cm-blokkies gesny
- 2 x 180 g klaarbereide, warm, gerookte forel wat in stukke gebreek is
- 130 g klaarbereide peperwortelsous
- vars dille, vir garnering
- KNORR Balsamic & Pineapple Vinaigrette-slaaisous
Instructions
- Opdiening: Draai die komkommer- en papajarepies in krulle en verdeel dit tussen 4 borde. Rangskik dit in ’n netjiese ry in die middel van die bord.
- Plaas die lemoensegmente, avokadoblokkies en stukkies warm forel bo-op. Spuit peperwortelsous met ’n spuitsak met ’n klein punt op die bord.
- Garneer met vars dille en rond af deur KNORR Balsamic & Pineapple Vinaigrette-slaaisous oor te sprinkel voor die slaai voorgesit word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Bobaaswenke om jou eie #KnorrSignatureSalads-pragslaai te skep:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
- Gebruik ’n aartappelskiller om dun repies komkommer en papaja te sny – dit gee jou slaai ’n afgeronde voorkoms en sal jou gaste vir seker beïndruk.
- Sit jou pragslaai voor op ronde houtborde vir ’n moderne voorkoms.
- Gebruik ’n spuitsak om die peperwortelsous op die bord te spuit vir ’n slaai met ’n professionele afronding.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }