Knoffel-en-kaas-pizza. Resep deur Vickie de Beer. Foto Michael le Grange
Pizzadeeg
- Meng 1 000 ml (4 k) broodmeel, 10 g (1 pakkie) kitsgis en 10 ml (2 t) sout in ’n elektriese menger. Voeg 375 ml (1½ k) louwarm water en 30 ml (2 e) olyfolie by terwyl die menger hardloop.
- Knie die deeg vir 5 min. in die masjien tot glad en elasties, of vir 10 min. met die hand op ’n meelbestrooide werkvlak.
- Sit die deeg in ’n skoon bak wat liggies met olie gesmeer is, smeer die deeg ook ligweg met olie. Bedek met ’n doek en laat rys tot dubbel die grootte.
Bestanddele
- Knoffelolie: Meng 80 ml (1⁄3 k) olyfolie met 2 fyn gekapte knoffelhuisies
- 1 basiese pizzadeeg (kry die resep hier bo)
- olyfolie om oor te sprinkel
- 125 ml (½ k) gerasperde parmesaan
- 250 ml (1 k) gerasperde mozzarella
- sout en gemaalde swartpeper
- hand vol Italiaanse pietersielie, gekap
Metode
Voorverhit die oond tot 220 °C. Verhit ’n bakplaat in die oond.
- Verdeel die deeg in 6 balle en rol elk op ’n meelbestrooide werkvlak uit in ’n ovaal van 25 cm.
- Bak een pizza op ’n slag op die warm bakplaat en bak vir 5-7 min. tot bros. Haal uit en sprinkel die knoffelolie en kase oor.
- Sit terug in die oond en bak tot goudbruin.
- Strooi die pietersielie oor.