KLûK CGDT se jongste Lente/Somer-reeks, gaan vanjaar in samewerking met die Sunflower Fund, bekendstel word.
Die Sunflower Fund is ’n Suid-Afrikaanse, nie-winsgewende organisasie wat stamsel-skenkers vanuit die Suid-Afrikaanse gemeenskap werf, ten einde ’n volhoubare beenmurg-register te behou.
Kaartjies na dié spoggeleentheid beloop R600 per persoon, waarvan die volle bedrag aan die Sunflower Fund geskenk word.
Dié kostes sluit in ’n heerlike aandete en drinkgoed, asook ’n veiling van verskeie goedere. Daar is ook verskeie pryse om gewen te word.
Daar word van die gaste versoek om kleurvol aan te trek en moeite met hul uitrusting te doen. Gebruik dié geleentheid om jouself uit te beeld en pret te hê!
Wanneer: 29 September @ 19:30
Waar: Bancroft Studio, 16 Vredehoek Laan, Vredehoek, Kaapstad
Kostes: R600
Bespreek aanlyn by http://qkt.io/itsSURREAL