kategorieë: Leef gesondGesondheid

Klop die ouderdom met brein-woema

Die uitdaging: Skep ’n bietjie chaos

Lees vir ’n slag ander koerante as jou gewone gunstelinge. Luister na onbekende musiek. Dit hou jou brein jonk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gerontoloog, dr Marios Kyriazis, is ’n groot voorstander van die skep van ’n bietjie chaos in jou lewe om die brein te stimuleer en van styfheid ontslae te raak. Die biologiese verklaring is dat die spanning van ongewone, onreëlmatige en soms verrassende aktiwiteite geringe selskade veroorsaak. Jou liggaam reageer om die skade te herstel en herstel ook ouderdom-verwante skade. Die resultaat? Gesonde selle!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe doen ek dit? Probeer klein dosisse interessante uitdagings:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • Skakel oor na ’n TV-kanaal in ’n vreemde taal en probeer raai wat aangaan
  • Skryf met jou nie-dominante hand
  • Kies omstrede onderwerpe en stry met jou eie mening
  • Eet iets anders as jou gewone ontbyt

Foto: Pexels

Die uitdaging: Hou op uitstel

Om aanhoudend uit te stel, veroorsaak fisieke versteurings en letsels in die brein, veral in die frontale lob waar alledaagse aktiwiteite soos kritiese denke, organisasie en aandagspan uitgevoer word.

Die goeie nuus is, jy kan jou breinkrag verbeter deur die manier waarop jy dink te verander. Wat jy ook al doen, as jy gemotiveerd is, doen jy dinge vinniger en met meer doeltreffendheid, sê Lindsey Agness, neuro-linguistiese programmeerder, afrigter en skrywer van Verandering jou lewe met NLP

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe doen ek dit? Probeer visualisering en hou op om uit te stel by die huis of by die werk:

  1. Kyk na ’n foto van ’n tyd toe jy energiek en vol selfvertroue gevoel het. Of visualiseer daardie tyd, wat jy gesien, gehoor en gevoel het.
  2. Wanneer die geheue kragtig voel, druk met jou vinger op die kneukel van jou linkerhand se eerste vinger. Verwyder die druk net as die prentjie begin verdwyn.
  3. Elke keer as jy vertroue of ’n energie-hupstoot nodig het, druk hierdie “energie knoppie.”

Lees ook: Van uitstel kom afstel …

Foto: Pexels

Die uitdaging: Kry meer slaap

Is jou geheue vaag? Slaap meer! Volgens wetenskaplikes by die Universiteit van Kalifornië, kan slaappatrone die geheue direk beïnvloed op die kort- en langtermyn.

Die navorsers het ’n korrelasie gevind tussen oplewings in breinaktiwiteit tydens slaap (vir ’n sekonde of minder) en die konsolidasie van herinneringe wat afhanklik is van die gebied van die brein, bekend as die hippokampus. Dit kan toon dat ’n verskeidenheid slaap-terapieë die antwoord kan wees op die verbetering van breinkrag en geheue, asook om demensie en Alzheimer se siekte af te weer.

Om meer te slaap, begin by ontspanningsoefeninge voor slaaptyd:

  • Kalmerende musiek
  • Skakel alle elektroniese toestelle af, ten minste ’n uur voor jy slaap
  • Vryf laventel-olie op jou slape
  • Neem ’n warm bad
  • Lees ’n boek

Foto: Pexels

Die uitdaging: Beweeg jou liggaam

Voorheen is geglo dat slegs oefening wat jou hart vinniger laat pomp, kognitiewe funksie sal verbeter. Nou meen navorsers dat kragoefeninge ook die potensiaal het.

Hulle meen selfs aktiwiteite wat werk op koördinasie, balans en buigsaamheid soos joga of Pilates kan jou breinkrag en funksies verbeter wat jou help organiseer en strategiese besonderhede onthou.

Wat werk vir jou, joga of pilates? Lees meer hier.

Hoe doen ek dit? Probeer ’n paar verskillende oefeninge elke week op verskillende intensiteite, soos ’n bietjie joga gemeng met stap ’n bult uit of hardloop.

Nog studies het bevind dat sommige harde oefeninge jou leeftyd verleng deur meer bloed en suurstof deur die liggaam te sirkuleer.

Harde oefeninge wat jou goed laat voel. Lees meer hier.

Foto: Pixabay

Die uitdaging: Bly verstandelik aktief

Gebruik prettige maniere om jou brein uit te daag en die verbindings tussen jou breinselle woema te gee, soos blokkieraaisels en Sudoku. Volgens die Amerikaanse Alzheimer-vereniging kan dit selfs nuwe breinselle genereer.

Hoe doen ek dit? Probeer elke week iets nuuts. Leer salsa-dans, brug speel of daag jouself uit met ’n nuwe legkaart. Die sleutel is om jou brein betrokke en aktief te hou.

Lees, skryf, geheue-speletjies en tuinmaak is ook wonderlike oefeninge vir brein-stimulasie.

Hier is 8 maklike breinoefeninge wat jy kan probeer.

JY KAN die beste uit jou brein haal. Lees meer hier.

Foto: Pixabay

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

1 hour Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

2 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

19 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

20 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

23 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

24 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.