Klink ’n glasie op brandewyn se 350 jaar én ’n nuweling!

Die woord is ’n sinspeling op sy van en nie verkeerd gespel nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die mengeldrankie-spesialis Kurt Schlechter, eienaar van Cause/Effect Cocktail Kitchen en Johan Venter, wat The Inventer brandewyne, gin en whiskies maak.
Elkeen van die 820 bottels potketel XO-brandewyne in die eerste reeks, die Blanco en die Rosso, is individueel genommer, met die hand geteken en verpak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy het sy hele loopbaan van die land se mees gesogte en ikoniese brandewynhandelsmerke ontwikkel en nou met sy aftrede besluit om verskeie spiritus te stook soos wat hy daarvan hou.

Die geleentheid is by Cause/Effect Cocktail Kitchen in die Kaapstadse V&A Waterfront gehou en gaste kon nie net die brandewyne proe nie, maar ook twee heerlike mengeldrankies met peuselhappies geniet. Die kuierplek het die wydste verskeidenheid Kaapse potketel brandewyne op sy rakke en gebruik rou bestanddele uit die natuur om unieke mengeldrankies te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis nommer 53 op die lys van die wêreld se beste kroeë in die gewilde World’s 50 Best Bars-kompetisie wat deur Perrier geborg word.

Kurt Schlechter, eienaar, is al verskeie male vereer vir sy reuse bydrae tot die bewusmaking van die uniekheid van Suid-Afrikaanse brandewyn.

Daar is twee potketel XO-brandewyne in die eerste reeks, die Blanco en die Rosso en beide tradisioneel gemaak met dubbele distillasie in koperpotketels en vir ten minste tien jaar in Franse eikehoutvate verouder.

Die bekendstelling is by Cause/Effect Cocktail Kitchen gehou.
Die mengeldrankie-spesialis Kurt Schlechter, eienaar van Cause/Effect Cocktail Kitchen, meng drankies vir gaste by die bekendstelling.

Christelle Reade-Jahn, direkteur van die SA Brandewynstigting het by die geleentheid gesê dis ongelooflik om daar in die Waterfront te staan, amper op dieselfde plek waar brandewyn in 1672 aan boord die Nederlandse skip, De Pijl, gemaak is. “Alles wat ek van brandewyn weet, het ek by Johan geleer en hy het my laat glo dat brandewyn en duct tape alles kan regmaak!”

Gregory Mutambe, sommelier en wynbeoordelaar en Christelle Reade-Jahn, direkteur van die SA Brandewynstigting.

Die Inventer XO Blanco is ’n speling op die Suid-Afrikaanse gunsteling met Chenin blanc as basis, maar met Sauvignon blanc, Ugni blanc en ’n skeut Hanepoot om kompleksiteit by te voeg.

“Suid-Afrika het die perfekte klimaat om wêreldklas brandewyne te produseer en baie plaaslike brandewyne sal beter presteer as die meeste konjaks teen ’n fraksie van die prys. Nadat ek verskeie uitstaande vate se brandewyne geproe het, het ek geweet hierdie vier is die perfekte keuse om die XO Blanco te maak. Jy kan die Afrika-sonskyn in elke sluk proe, en dit is magies.”

Die XO Rosso is ’n versnit van Cabernet Sauvignon en Merlot van bekroonde Stellenbosch wingerde en is een van slegs twee rooiwyn brandewyne in Suid-Afrika. Die ander een is Durbanville Hills Merlot Potstill Brandy.

Gaste kon die brandewyne skoon proe en toe ook as mengeldrankies met peuselhappies geniet.

Johan sê: “Brandewyn wat van rooiwynkultivars vervaardig word, is relatief nuut op die Suid-Afrikaanse mark, en ek het gevoel dit sou my eerste brandewynversameling perfek afrond. Soos met wyn, het rooiwynkultivars unieke smaak- en geurprofiele, wat in staat is tot toegeeflike versnitte. Ek het hierdie twee vate met die hand gekies aangesien hulle sterk rooivrug-eienskappe en luukse houteienskappe getoon het wat die rooiwynkarakter perfek uitdruk.”

Johan het in 2019 uit die korporatiewe wêreld afgetree, nadat hy vir byna drie dekades by die land se grootste maatskappye waaronder Klipdrift, Van Ryn’s en Oude Meester gewerk het en vir meer as 20 jaar ’n beoordelaar vir internasionale kompetisies was.

Johan het aan gaste vertel dat Suid-Afrikaanse brandewyne vir geen drank in die wêreld hoef terug te staan nie. Ons het selfs al stof geskop in konjak se oë, toe ’n brandewynmaker van Suid-Afrika in Cognac gaan konjak maak het. “Ons gebruik nie weggooi wyn vir brandewyn nie. Dis keurig uitgesoekte basiswyn wat in hierdie brandewyne gebruik is.”

Die twee mengeldrankies wat lesers by die huis kan maak, is tydens die geleentheid bedien.
Die Blanco kan vir ’n magdom mengeldrankies gebruik word, of op sy eie geteug word.

Net 820 bottels van elke brandewyn is gemaak. Die brandewyne is nie gefiltreer nie, want Johan wou nie kompleksiteit en fyner nuanses verloor nie. Beide brandewyne is net van www.theinventer.co.za te kry.

  • Johan het ook vanjaar drie whiskies en ’n gin gemaak.

The Inventer XO Rosso brandewyn met bosbessiesap en Cabernet Sauvignon, afgerond met Brut borrels, maak die heerlike The Inventer Rosso 75.
Die brandewyne is beide vir ten minste tien jaar verouder en ook heerlik om skoon te geniet.

Om jou Kersfees behoorlik te vier, deel die mengeldrankie-spesialis Kurt Schlechter, eienaar van Cause/Effect Cocktail Kitchen en Johan Venter die volgende twee resepte met lesers:

Die Inventer Blanco Sour

The Inventer XO Blanco brandewyn met lemoen, suurlemoen en pynappelsap.

Glas: Charlene- of wynglas

Metode: Skud en sif alle bestanddele met ys, gooi ys weg en droë skud, gooi oor ys

Bestanddele:

50ml The Inventer XO Blanco brandewyn

15ml suurlemoensap

25ml pynappelsap

25ml lemoensap

25ml suikerstroop

25ml Aqua Faba (kekerertjiesap)

Garneer met ’n suurlemoenskil-krul en ’n eetbare blom

The Inventer Rosso 75

The Inventer XO Rosso brandewyn met bosbessiesap en Cabernet Sauvignon, afgerond met Brut borrels.

Glas: Sjampanjeglas

Bestanddele:

25ml The Inventer XO Rosso Brandy

10ml suurlemoensap

15ml suikerstroop

15ml bosbessiesap

25mI Cabernet Sauvignon

50ml Brut vonkelwyn

Metode:

Skud die eerste vyf bestanddele met ys, gooi deur ‘n sif en vul die glas op met vonkelwyn. Garneer met ’n suurlemoenskil-krul

Lees ook: Verskeie redes om saam met Nederburg fees te vier

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.