Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Sous
• 80 ml (¾ k) heuning
• 30 ml (2 e) sojasous
• 30 ml (2 e) lemoensap
• gerasperde skil van 1 lemoen
• 3 cm gemmer, fyn gekap
• 4 knoffelhuisies, gekneus
• 15 ml mielieblom
1,2 kg ontbeende varknek, in 2 cm-blokkies gesny
30 ml (2 e) olyfolie
1 rooi-ui, in repies gesny
3 murgpampoentjies, in repies gesny
2 wortels, geskil en in repies gesny
1 klein rooikool, in dun repies gesny
1 klein groenkool, in dun repies gesny
2 savojekooltjies, in dun repies gesny
1 hand vol rou grondboontjies, liggies gerooster
30 ml (2 e) swart of gewone sesamsaad
hand vol vars koljanderblare
250 g hokkien-noedels, in kookwater geweek volgens die aan-wysings op die pakkie
Instructions
1 Meng die sousbestanddele in ’n mikrogolfbakkie en verhit vir 2 min. Hou eenkant. 2 Geur die varknek met sout en gemaalde swartpeper. Verhit die olie oor hoë hitte in ’n groot wok. 3 Braai die varknek in sarsies daarin tot goudkleurig – vir sowat 5 min. 4 Voeg die sous by en roerbraai vir nog 2 min. of tot die vleis heeltemal bedek is. 5 Voeg die rooi-ui by en roerbraai vir 2 min. Voeg die murgpampoentjies en wortels by en braai vir nog 2 min. 6 Voeg die kool by en roerbraai vir nog 2 min. 7 Geur met sout en swartpeper. 8 Sprinkel die grondboontjies en sesamsaad oor. 9 Sit met vars koljanderblare en hokkien-noedels voor.