Klewerige varkroerbraai
Serves: Genoeg vir 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Sous
- • 80 ml (¾ k) heuning
- • 30 ml (2 e) sojasous
- • 30 ml (2 e) lemoensap
- • gerasperde skil van 1 lemoen
- • 3 cm gemmer, fyn gekap
- • 4 knoffelhuisies, gekneus
- • 15 ml mielieblom
- 1,2 kg ontbeende varknek, in 2 cm-blokkies gesny
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 1 rooi-ui, in repies gesny
- 3 murgpampoentjies, in repies gesny
- 2 wortels, geskil en in repies gesny
- 1 klein rooikool, in dun repies gesny
- 1 klein groenkool, in dun repies gesny
- 2 savojekooltjies, in dun repies gesny
- 1 hand vol rou grondboontjies, liggies gerooster
- 30 ml (2 e) swart of gewone sesamsaad
- hand vol vars koljanderblare
- 250 g hokkien-noedels, in kookwater geweek volgens die aan-wysings op die pakkie
Instructions
1 Meng die sousbestanddele in ’n mikrogolfbakkie en verhit vir 2 min. Hou eenkant.
2 Geur die varknek met sout en gemaalde swartpeper. Verhit die olie oor hoë hitte in ’n groot wok.
3 Braai die varknek in sarsies daarin tot goudkleurig – vir sowat 5 min.
4 Voeg die sous by en roerbraai vir nog 2 min. of tot die vleis heeltemal bedek is.
5 Voeg die rooi-ui by en roerbraai vir 2 min. Voeg die murgpampoentjies en wortels by en braai vir nog 2 min.
6 Voeg die kool by en roerbraai vir nog 2 min.
7 Geur met sout en swartpeper.
8 Sprinkel die grondboontjies en sesamsaad oor.
9 Sit met vars koljanderblare en hokkien-noedels voor.
Rooi Rose
Lees Meer
Steak-en-sampioen-roerbraai
17/01/2025
Varkrafeltjie-vleis met karamelpynappels
13/12/2024
Grondboontjie-en-vark-roerbraai
06/11/2024