Verlig die ongemak deur ons wenke vir tegnologie-vrye pret te volg en laat die vakansie sommer al op die vliegtuig begin!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }1. Pak verskeie kleure klei in jou handbagasie. Dit is maklik om skoon te maak en beloof om die kleinspan vir ure te vermaak.
Gebruik ons klei-resep om veilige, omgewingsvriendelike klei te maak:
Wat jy benodig:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Plaas al die droë bestanddele in ’n pot. Voeg die water, olie en kleursel by. Kook dit oor lae hitte en roer gedurig. Sodra dit die regte tekstuur bereik, laat dit effe afkoel en knie dan op ’n meelbestrooide oppervlak.
2. Maak prettige vingerpoppe uit vilt. Jou kind sal dit baie geniet!
Hier is ’n maklike manier om vingerpoppe te maak:
Wat jy benodig:
3. Skep oulike beelde deur verskillende kleure pypskoonmakers te gebruik.
Kyk wie kan die snaakste een maak.
4. Vat inkleurboeke en -potlode saam.
Ma kan ook hieraan deelneem deur Human en Rosseau se Kreatiewe Inkleurboek vir Grootmense aan te skaf.
5. Julle kan bloot ook net by die venster uitkyk en na die pragtige wolke kyk.
Laat jou kind se verbeelding oorneem en kyk watter vorms julle van bó die wolke kan sien!
Lees ook: 5 redes hoekom speletjies speel goed vir jou kind is
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.